Leesplan inligting

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige WeekVoorbeeld

The Final Lessons: A Holy Week Plan

DAG 5 VAN 10

Hulp



Was jy al ooit by iemand wat nie meer lank gehad het om te lewe nie? Elke sekonde en lettergreep is kosbaar. Niks word gemis nie. Dit is nie tyd vir mooi praatjies nie. Groetwoorde, goeie wense, verklarings en raad word nie lukraak gefluister nie.



Jesus het ook geweet dat sy tyd op aarde min was en het dit goed benut (Johannes 13:1). Ons is halfpad op pad na Paasfees. Kom ons luister aandagtig na sy laaste woorde.



Lees Johannes 14:15-31.



Dit is so wonderlik. Daar is net een probleem: ek vra nie graag hulp nie.



Wat van jou? Gee jy nie om om hulp te vra nie? Of sukkel jy ook daarmee?



Die dapperste ding wat jy kan doen, is om kwesbaar genoeg te wees om te erken dat jy hulp nodig het. As jy nie meer weet watter kant toe nie, is dit die dapperste ding om die Heilige Gees te vra om jou te help.



Ek het hierdie krag die afgelope jaar ervaar op maniere waaraan ek nooit kon dink nie. In dieselfde maand wat ek uitgevind het dat ek swanger is met my derde kind, het ek besluit om 'n bediening te begin. Ek het aan die diep kant ingespring. Dat ek 'n doener was wat op daardie stadium niks kon doen nie en 'n oorpresteerder wat maar net oorleef het, het my nederig gehou. Die genade van God en die krag van die Heilige Gees het my nederige offer vermenigvuldig. (Alle eer aan God).



Het jy al 'n tyd in jou lewe ervaar toe jy seker was dat die Heilige Gees jou daardeur gehelp het?



Gaan jy nou deur 'n moeilike tyd waar die Helper se hulp van waarde sal wees?



Vra Hom om jou te help. Wees kwesbaar.



Daar is twee dinge wat my gedurende die afgelope jaar en 'n half baie gehelp het. Ek sê die vers dikwels hardop vir myself op:



"Sy antwoord was: 'My genade is vir jou genoeg, my krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is'. Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk" 2 Korintiërs 12:9-10.

 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Final Lessons: A Holy Week Plan

Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat di...

More

Ons sê baie dankie vir Becky Kiser van Sacred Holidays wat die plan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.sacredholidays.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid