Leesplan inligting

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige WeekVoorbeeld

The Final Lessons: A Holy Week Plan

DAG 9 VAN 10

Opstanding



Vandag vier ons die feit dat Jesus nie net aan die kruis gesterf het nie — Hy het uit die dood opgestaan! Dit wat bedoel was as straf en om Hom stil te maak (Jesus se dood aan die kruis), het ons vryheid geword, omdat die graf Hom nie kon terughou nie.



Lees Johannes 20:1-29.



Hy lewe. Hy is nie dood nie. Is daar iemand anders wat ook dink dit is 'n bizarre idee? Net 'n dag tevore was Hy dood, toegedraai in 'n doodskleed en in 'n graf toegemaak.



Dit is hier waar Christenskap wegbeweeg van net 'n paar goeie idees deur 'n goeie leermeester — na lewensveranderende geloof. As Jesus se lewe net oor sy onderrig, liefde vir mense en genesing van siekes gegaan het, sou mense Hom net daarvoor onthou het. Dit het egter nie gebeur nie. Die hele wêreld het verander omdat Hy nie in die graf gebly het nie. Wat Hy gesê het en wat profete voorspel het, was en is alles waar! Jesus se opstanding uit die dood het die vloek van sonde vir ons uitgewis!



Dit klink na dwaasheid, nè? As ons op ons eie vermoëns staatmaak, sal ons dit nooit verstaan nie. Paulus bemoedig ons in 1 Korintiërs 2:5: "Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God."



Dit is 'n bizarre idee vir die mensdom dat Jesus gesterf, opgestaan en verlossing van sonde gebring het. Nogtans hét God. (Ek hou van hierdie drie woorde.) Ons God was nie sommer net enige mens wat aan 'n kruis gesterf het nie, Hy was Jesus — ten volle God én mens. As Hy maar net 'n gewone man was, sou sy dood aan die kruis maar net die verlies van 'n dinamiese leermeester en raadsman vir die armes en siekes gewees het.



Hy was nie net ten volle mens nie, Hy was ook ten volle God — God se eie Seun!



Dit is hoekom Paasfees meer is as wat ons kultureel daarvan gemaak het. Jesus het vir jou gesterf, maar Hy het ook vir jou opgestaan. Hy het nie net die prys vir ons sonde betaal nie, Hy het gekom om vir ons nuwe lewe te bring!



As ons besluit om in die kruis en die leë graf te glo, is dít wat Christus vir ons gedoen het: "Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom" (2 Korintiërs 5:17).



Maak vandag tyd om dit wat Jesus vir jou gedoen het, op jou eie manier te vier!
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

The Final Lessons: A Holy Week Plan

Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat di...

More

Ons sê baie dankie vir Becky Kiser van Sacred Holidays wat die plan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.sacredholidays.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid