Leesplan inligting

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige WeekVoorbeeld

The Final Lessons: A Holy Week Plan

DAG 8 VAN 10

Stilte



Vandag is 'n interessante dag met omtrent geen inligting oor wat gebeur het nie. Stilte.



Was jy al ooit verward oor God se stilte? Onseker oor wat Hy volgende gaan doen?



Jy is nie die enigste een nie. In daardie oomblik van stilte kan jy nie verstaan wat God gaan doen nie. Jesaja 55:8-9 bevestig dit: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes."



Daardie dae en besonderhede wat nie in die Bybel opgeteken is nie, prikkel nog altyd my nuuskierigheid. Wat het die mense toe gedoen? Gedink? Gevoel?



Kom ons plaas onsself vandag in hulle skoene en lees 'n Psalm waarmee hulle bekend was:



Lees Psalm 139.



Word nou stil en laat God toe om jou te deursoek en jou hart te ken.



Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

The Final Lessons: A Holy Week Plan

Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat di...

More

Ons sê baie dankie vir Becky Kiser van Sacred Holidays wat die plan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.sacredholidays.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid