Leesplan inligting

Hoeveel Is Genoeg?Voorbeeld

How Much Is Enough?

DAG 1 VAN 6

Dus … Hoeveel Is In Elk Geval Genoeg? 



Vra vir tweejariges hoeveel lekkers hulle wil hê. Hulle sal heel waarskynlik nie weet wat om te antwoord nie; hulle sal jou egter kan verseker dat hul wel lekkers wil hê. Nou dadelik! Wanneer die lekkers op is, wat is hul eerste vraag? Dan kom hulle na jou toe met hul suiker-besmeerde gesiggies en vra vir "nog?" 



Dit werk so. Daar is 'n gulsige tweejarige wat in elke mens woon wat vir nog vra. Miskien is dit nog lekkers. Miskien is dit nog speletjies. Nog seilskoene. Nog gewildheid. Nog toekennings. Nog geld. Wat dit ook al is wat 'n persoon gelukkig maak, daar is die stemmetjie in jou wat sê: "Ek het nog daarvan nodig." Jy kan daarin vasgevang word deur te dink dat jy nog geld nodig het sodat jy meer kan koop van dit waarop jy jou hart gesit het. Jy word vasgevang deur die leuen te glo wat sê: "Geld wat stom is, maak reg wat krom is." 



Wel, dit is 'n probleem. Dit word nie beter sonder 'n bietjie werk nie. 



Nou vir goeie nuus! Wat is die werk wat nodig is om die stemmetjie van begeerte in jou hart na "nog" stil te maak? Dit is regtig baie pret. Dit help om die veeleisende, begeerlike en vraende kant van jou te stil. Dit verander jou in iemand wat besef wanneer sy of hy genoeg het. Dit maak jou dankbaar. Dit voel goed.



Kom ons begin Dag 1 van die leesplan met 'n musiekvideo. Dit is gebaseer op 1 Timoteus 6:18-19. (Die video is op die NLV weergawe gebaseer.) Luister daarna en kyk of jy kan ontrafel wat God sê die beste manier is hoe om te voel dat jy genoeg het. O ja! Kyk ook of jy kan ontrafel wat God sê jou ryk maak!





Vra jouself af: As ek onverwags 'n miljoen rand kry, wat sal ek daarmee doen? 



Daag jouself uit: Vat 'n stuk papier en iets om mee te skryf. Maak aan een kant van die papier 'n lys van alles wat jy hoop om op jou verjaarsdag, Kersfees en enige ander geleentheid hierdie jaar te kry. Draai dan die papier om. Maak op die agterkant 'n lys van alles wat jy alreeds het waarvoor jy dankbaar is! Maak seker dat nie net dinge nie, maar ook vriende, mense wat vir jou omgee, jou gesondheid, en so aan insluit. Maak seker dat die dankbaarheidlys net so lank is soos die lys van dinge wat jy hoop om te ontvang.



Gebed: Vader, dankie vir alles wat U vir my gegee het. Ek wil ryk wees in goeie dade en vrygewig teenoor diegene in nood. U is goed vir my. Help my om dankbaar te wees en te weet wanneer ek genoeg het. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How Much Is Enough?

Wil jy altyd net 'n bietjie meer hê? Nog 'n paar duur tekkies. Nog 'n skaatsplank. Meer lekkergoed. Meer rekenaarspeletjies. Wat jou gunsteling ding ook al is, jy wil net meer daarvan hê! Hierdie leesplan sal jou leer om...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid