Leesplan inligting

Hoeveel Is Genoeg?Voorbeeld

How Much Is Enough?

DAG 3 VAN 6

Geld, Geld, Geld!



Gister het ons na 'n video van Leslie gekyk wat ons gewys het hoe maklik dit is om al jou geld te spandeer sonder dat jy dit regtig agterkom! Onthou jy? Sy het al die geld wat sy verdien het op skoene gespandeer en was geskok om te besef hoeveel sy teen die einde van die jaar daarop uitgegee het! 



Moenie bekommerd wees nie. Daar is 'n beter uitweg! Jy kan 'n vrygewige gewer wees en steeds geld vir jou behoeftes en selfs vir sommige van jou begeertes oorhê . Dit sal egter beplanning verg. Kyk na Quizman se video vir verdere inligting daaroor!





Eerstens moet jy gee. Beplan om jou tiende aan God deur jou kerk te gee of 10 persent van die geld wat jy verdien. Beplan vir enige bykomende skenkings wat jy wil maak. Miskien aan jou gunsteling diereskuiling. Miskien aan 'n vriend van jou wat in nood verkeer. Dit is jou keuse! 



Dan beplan jy om van die geld te spaar vir dinge wat jy dalk in die toekoms sal benodig. Laastens beplan jy om van die geld te spandeer op dinge wat jy graag wil hê of nou nodig het. Siedaar! Jy het dit! 



Dalk verdien jy nie nou enige inkomste nie, dit is in orde! Die meeste mense van jou ouderdom werk nog nie of het nie 'n bron van inkomste nie. Jy sal egter gereed wees wanneer jy begin verdien. Jy sal wys wees met jou geld. Jy sal vrygewig wees! 



Vra jouself af: Op watter een manier sal ek graag met my geld vrygewig wil wees? 



Daag jouself uit: Kry drie koeverte en iets om mee te teken of te skryf. Indien jy nie koeverte kan kry nie, neem dan drie papiere, vou dit in die helfte en gom die regter en linker kante aan mekaar vas. Skryf "Gee" op een koevert "Spaar" op die ander een en "Spandeer" op die laaste een. Teken of skryf dan op die toepaslike koevert wat jy wil gee, waarvoor jy wil spaar en wat jy wil koop. Gebruik dit om jou geld te verdeel of om jou te help om tred te hou van enige geld wat jy in die toekoms mag kry. 



Gebed: Vader, dankie dat U die oorsprong is van alles wat ek ontvang. Help my om my geld op die manier te bestee wat vir U aanneemlik is. Help my om daarmee wys te wees. Help my ook om daarmee vrygewig te wees — net soos U met my vrygewig is. In die Naam van Jesus. Amen. 



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How Much Is Enough?

Wil jy altyd net 'n bietjie meer hê? Nog 'n paar duur tekkies. Nog 'n skaatsplank. Meer lekkergoed. Meer rekenaarspeletjies. Wat jou gunsteling ding ook al is, jy wil net meer daarvan hê! Hierdie leesplan sal jou leer om...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid