Leesplan inligting

Hoeveel Is Genoeg?Voorbeeld

How Much Is Enough?

DAG 2 VAN 6

Hoeveel Kan Ek Kry?



Gister het jy geleer, Jesus wil hê dat ons ryk moet wees — in goeie werke! Wees ook vrygewig teenoor diegene in nood. Jy het geleer dat dit 'n wonderlike manier is om die leuen wat "gierigheid" genoem word en jou nimmereindigend laat strewe om jou stapels goed hoër en hoër op te laai, te beveg. 



Raai wat? Hierdie probleem is vir seker iets wat jy vir die res van jou lewe vanuit verskillende rigtings en op verskillende maniere in die gesig sal staar. Daarom, sal ons nog 'n dag daaraan wy, of hoe? 



Vandag sal ons na 'n verhaal kyk van iemand wat in die "hoeveel kan ek kry?" se greep vasgevang geraak het. Laat ons sien hoe Leslie die begeerte oorkom het vir nog 'n paar ... skoene!





Ons as mense, wil graag soos Jesus wees en daarom wil ons ons vrygewigheid ook soos Syne laat lyk. Ons soek daagliks na klein of groot geleenthede om te gee. Indien ons daarop gefokus is om al meer goed op te gaar, blokkeer ons die vloei om vrygewig te wees.



Tel wat jy alreeds het. Die lewe is 'n wonderlike gawe. Reënerige dae, private grappies, harde musiek, fietsritte met sonsondergang, boeke, roomys, honde, katte en elke asemteug. Ons is ryk aan eenvoudige seëninge van 'n goeie en liefdevolle God. Ware lewe is om goed te doen met dit wat God aan jou gee. 



Vra jouself af: Watter klein dingetjie kan jy ten goede doen in jou huis, jou skool, jou kerk, jou woonbuurt of enige plek waarheen jy hierdie week gaan? Wat sou iets groots wees?



Daag jouself uit: Neem jou antwoord van die "Vra jouself af"-vraag hierbo en doen dit! Hierdie week! Stel 'n doelwit om hierdie week te begin deur iets te doen wat jou ryk maak in goeie werke. Niks is te klein of te groot wanneer dit daarby kom om liefde en vriendelikheid teenoor ander te bewys nie. 



Gebed: Vader, dankie dat U vir Jesus gestuur het. Hy leer my om te vra: "Hoeveel het jy nodig?" eerder as "Hoeveel kan ek kry?" Hoe wonderlik vrygewig is U! Help my om soos U te lewe. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How Much Is Enough?

Wil jy altyd net 'n bietjie meer hê? Nog 'n paar duur tekkies. Nog 'n skaatsplank. Meer lekkergoed. Meer rekenaarspeletjies. Wat jou gunsteling ding ook al is, jy wil net meer daarvan hê! Hierdie leesplan sal jou leer om...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid