Leesplan inligting

Hoeveel Is Genoeg?Voorbeeld

How Much Is Enough?

DAG 6 VAN 6

Hoeveel Kan Ek Gee?



Wel, hier is jy. Dis die laaste dag van jou leesplan en dit gaan oor vrygewigheid. Wat is die belangrikste ding om van hierdie leesplan te onthou? Dit is heel waarskynlik vrygewigheid.



Wil jy ryk wees? Wel, hoe meer jy gee, hoe ryker word jy. 



Onthou dat jou ingesteldheid teenoor jou geld en dinge baie belangrik is. Dink jy dat jy dit alles verdien? Dink jy dat dit nodig is om op te gaar en meer en meer bymekaar te maak om gelukkig te wees? Dan is dit tyd om jou ingesteldheid te toets. 



Voel jy vrygewig? Is jou eerste gedagte wanneer jy iemand in nood sien: "Wat kan ek gee?" Glo jy dat alles wat jy het van God af kom? Wel, dan vorder jy baie goed! Jy lewe met die vrygewige denke van Jesus! 



Vandag gaan jy 1 Timoteus 6:18-19 weer lees. In hierdie verse het die apostel Paulus vir iemand geskryf vir wie hy 'n mentor was — sy naam is: (jy het dit geraai!) Timoteus. Hy het vir Timoteus raad gegee waaroor hy die mense in sy kerk moes onderrig. Dit is ook vandag die beste raad vir elkeen. 



Luister soveel keer as wat jy wil na die lied in hierdie video. Miskien kan jy dit ook memoriseer! Dit sal jou leer hoe om jou geld en besittings op die beste manier vir die res van jou lewe te hanteer. (Herinnering — Dit is aangehaal uit die NLV weergawe van die Bybel.)





Vra jouself af: Wanneer is dit partykeer vir my moeilik om ryk in goeie werke en vrygewig teenoor diegene in nood te wees? 



Daag jouself uit: Skryf in jou mooiste handskrif 1 Timoteus 6:18-19 uit. Versier dit met prentjies hoe om vrygewig teenoor diegene in nood te wees. Hang of plak dit waar jy dit elke dag kan sien. 



Gebed: Vader, dankie dat U my leer dat my lewe nie net om myself draai nie. Eintlik draai alles om U. Dit gaan daaroor om u mense te help. Dit gaan daaroor om vrygewig te wees net soos U vrygewig is. Dankie vir alles. In die Naam van Jesus. Amen.



Haai, voordat jy gaan, kyk na nog fantastiese video's van "The Loop Show"!


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How Much Is Enough?

Wil jy altyd net 'n bietjie meer hê? Nog 'n paar duur tekkies. Nog 'n skaatsplank. Meer lekkergoed. Meer rekenaarspeletjies. Wat jou gunsteling ding ook al is, jy wil net meer daarvan hê! Hierdie leesplan sal jou leer om...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid