Leesplan inligting

Hoeveel Is Genoeg?Voorbeeld

How Much Is Enough?

DAG 5 VAN 6

Hoeveel Gee God?



Reg, daar is nog net twee dae van hierdie leesplan oor. Jy het geleer om jou fokus te verskuif van hoeveel jy kan kry en eerder te begin dink oor hoeveel jy aan ander kan gee. Jy het geleer om wys te wees en om 'n plan te maak vir hoe om jou geld te gebruik. Jy het ook geleer dat geen gawe te klein is nie.



Dit is hoofsaaklik belangrik om te verstaan dat enigeen wat Jesus volg veronderstel is om vrygewig te wees, want ons volg God se voorbeeld.



Om werklik te verstaan hóé vrygewig God is moet ons net na Kersfees kyk. Dit is dalk nie Kerstyd wanneer jy hierdie leesplan lees nie. Dit kan in die middel van Julie wees! Dink egter nou aan Kersfees. Wat het God vir ons op die heel eerste Kersfees gegee? Wel, alles!



As gevolg van Jesus se vol lewe kan ons sien hoe lief God ons het. Hoeveel gee jy? Alles. Want (kom ons hersien), hoeveel gee God? Dit is reg. Alles! Hy het jou innig lief om vir jou alles te gee wat jy nodig het. In reaksie op hierdie liefde gee ons ook ons alles. Ons lewe vir God en is lief vir Hom met alles wat ons is en alles wat ons het.



Jesus word ons Wonderbare Raadsman genoem. Hy is die Magtige God. Hy is die Vredevors. Hy is die Ewige Vader! Tog het Hy gekom om een van ons te wees. Hy het alles prysgegee toe Hy aan die kruis gesterf het en kom terug sodat elkeen wat in Hom glo vir ewig by God sal wees. Dit is 'n gawe wat geeneen kan terugbetaal nie. Dit is gratis! Dit is 'n gawe wat van ons verwag om ook vrygewig met ander te wees.



Vra jouself af: Hoe kan ek begin lewe deur te wys dat alles wat ek het en alles wat ek doen aan God behoort?



Daag jouself uit: Neem 'n stuk papier en iets om mee te skryf. Skryf jou vyf gunsteling dinge neer. Dit kan konkrete voorwerpe wees (soos 'n fiets, 'n tablet en 'n troeteldier) of dit kan 'n stokperdjie wees of iets wat jy doen (soos dans, sing of teken). Staan dan tyd af om te dink hoe jy daardie dinge as offers vir God kan gebruik. Byvoorbeeld: My fiets. Ek sal God dank dat Hy vir my bene gegee het, die pedale kan trap en 'n hart wat sy wêreld kan geniet terwyl ek met my fiets rondry!



Gebed: Vader, dankie vir alles. Ja, alles. Alles wat U gemaak het is goed. Ek vertrou dat U met my deur die moeilike dinge werk. Dankie vir Jesus en dat Hy alles gee wat ons elke dag nodig het en alles wat ons nodig het vir 'n ewigheid saam met U! In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

How Much Is Enough?

Wil jy altyd net 'n bietjie meer hê? Nog 'n paar duur tekkies. Nog 'n skaatsplank. Meer lekkergoed. Meer rekenaarspeletjies. Wat jou gunsteling ding ook al is, jy wil net meer daarvan hê! Hierdie leesplan sal jou leer om...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid