Leesplan inligting

Hoeveel Is Genoeg?Voorbeeld

How Much Is Enough?

DAG 4 VAN 6

Hoeveel Moet Ek Gee?



Het jy al ooit gewonder hoekom God ons vra om geld aan Hom terug te gee? Of selfs aan mekaar? Gee Hy om? Het Hy ons geld nodig? 



Die antwoord is natuurlik dat Hy nie ons geld nodig het nie. Hy besit alles en het nie geld nodig nie. Wat het Hy dan nodig? 



Dit het te doen met ons harte. God oordeel nie ons uiterlike voorkoms nie, Hy kyk na ons harte. So dikwels is ons harte en ons kontant in 'n hegte band saamgebind. 



Kyk na die video van 'n weduwee in die Bybel wat soveel gegee het dat selfs Jesus daarvan kennis geneem het.




Twee klein muntstukkies van 'n vrou wat nie 'n man gehad het nie — en as gevolg van die gebruike in daardie tyd, ook geen inkomste gehad het nie. Jesus het opgehou waarmee Hy besig was om oor haar gawe te praat. 



Onthou dit gaan nie oor die grootte van die gawe wat jy gee nie. God is nie beïndruk deur die bedrag wat jy gee nie. Hy is beïndruk en geroer deur wat dit jou gekos het. Hy hou jou hart dop. 



Beteken hierdie verhaal dat dit sleg is om jou geld te hou sodat jy kan koop wat jy nodig het? Geensins! Absoluut nie. Dit wys wel dat God nie beïndruk is deur mense wat 'n groot vertoning daarvan maak om van hulle ekstra geld aan ander te gee nie. Dit wys ook dat Hy van ons harte kennis neem. Dit wys dat daar geen ding soos "te klein" is wanneer dit daarby kom om te gee nie. Dit wys dat God kennis neem van ons opofferings aan Hom — selfs wanneer mense dit nie sien nie.



Vra jouself af: Hoekom voel dit partykeer vreesaanjaend om geld weg te gee? 



Daag jouself uit: Nadat jy vandag uit Lukas en Markus oor die weduwee en haar gawe gelees het, skryf iets belangriks neer waarmee jy kan help deur geld te gee. Indien jy geld het, al is dit net 'n klein bedraggie, vra jou ma, pa of versorger om jou te help om dit te gee. As jy nie geld het nie, vra vir hulp om 'n plan te maak en gee dan wanneer jy kan.



Gebed: Vader, dankie dat U my help om te verstaan dat die bedrag wat ek gee nie dit is waaroor U omgee nie — U gee om hóé ek dit gee. Help my om te gee al voel ek dat ek nie baie het om te gee nie. Help my om gelukkig te wees wanneer ek gee, net soos die weduwee oor wie ek vandag in die Bybel gelees het. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How Much Is Enough?

Wil jy altyd net 'n bietjie meer hê? Nog 'n paar duur tekkies. Nog 'n skaatsplank. Meer lekkergoed. Meer rekenaarspeletjies. Wat jou gunsteling ding ook al is, jy wil net meer daarvan hê! Hierdie leesplan sal jou leer om...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid