Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 30 VAN 30

Vandag se besluite kan 'n groot invloed hê op môre

Op 15 Januarie 1919 is 'n uitstekende leier in Belize gebore. George Price wat nou as die "vader van die nasie" gereken word, was een van die hoof rolspelers in Belize se onafhanklikheid van Brittanje. Na onafhanklikheid het Price die heel eerste eerste minister van Belize geword. Van vroeg in die sestigerjare tot 1996 het hy as die hoof van die regering gedien, onder verskeie titels. Hy was bekend as 'n nederige leier wat 'n eenvoudige lewe gelei het en vrylik met die mense van Belize omgegaan het. In 2000 het Price die eerste persoon geword wat die hoogste eer, die Orde van Nasionale Held, ontvang het in erkenning van die rol wat hy in Belize se onafhanklikheid gespeel het.


Price het oorspronklik beplan om teologie in Rome te gaan studeer, maar die begin van die Tweede Wêreldoorlog het daardie plan in die wiele gery. Price moes in die plek daarvan el Mayor Seminario Conciliar in Guatemalastad bywoon. Na net nege maande het hy huis toe gegaan om naby sy sterwende pa te wees en daardie besluit het hom 'n pad laat loop wat hom na politiek toe gelei het.


Die Bybel sê in Galasiërs 5:25: “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.” 'n Geringe besluit vandag, kan 'n groot invloed op môre hê. Dink aan wat kan gebeur as jy onthou om vanaand jou tande te vlos of môre-oggend te oefen of hierdie Sondag kerk toe gaan of 'n spesiale tyd met 'n geliefde deur te bring. God kan daardie geringe besluite gebruik om jou te help om in jou kennis van Hom te groei en jou doel in die koninkryk van God te vervul. Die invloed van jou keuses neem ook nie altyd lank om te manifesteer nie. 


Verbeel jou jy skryf die verhaal wat God vir jou lewe wil sien oor vyf of tien jaar. Wat wil God hê jy moet vir jou toekoms verwag? Waar glo jy God wil hê jy moet wees? Watter veranderinge moet jy aanbring om daar te kom? Skryf jou gedagtes neer. Jou idees hoef nie perfek te wees nie. Jy hoef jou nog nie te verbind tot wat jy skryf nie. Skryf net die eerste gedagtes neer wat in jou kop kom — dit wat jy dink God vir jou toekoms wil hê.


Op grond van wat jy dink God wil hê jy moet hê, met watter studierigting moet jy begin om in die rigting te beweeg waarin God wil hê jy moet gaan? Moenie huiwer om Hom te vra nie. Vra die Here hoe Hy wil hê jy moet groei. Vra Hom vir wysheid en insig om te weet watter gewoontes, keuses en roetines in jou lewe moet verander. Kies dan een ding om te verander. Jy sal in die versoeking kom om drie, vier of selfs tien te kies. Kies egter net een ding om te verander, want as jy meer as een kies sal jy waarskynlik nie een van hulle bereik nie. As jy net een kies, kan jy begin om die verhaal te skryf wat God wil hê.


Gebedsversoeke

· Bid vir 'n groter mate van opregtheid en geestelike ontwaking in die kerk.
· Bid vir hulle wat in die bediening staan in Belize.
 
Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid