Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 1 VAN 30

Venezuela: Land van Genade 


Venezuela staan algemeen bekend as tierra de gracia, of “land van genade,” soos Christopher Columbus dit in 1498 genoem het toe hy by die Orinoco-delta aangekom het tydens sy derde verkenningstog. Hy het die potensiaal gesien. Na beraming het die land die grootste oliereserwes ter wêreld, die agtste grootste aardgasreserwes en die sestiende grootste goudreserwes.


Die huidige bevolking van Venezuela is die produk van 'n sterk etniese samesmelting en 'n baie hoë persentasie van kulturele vermenging. Die mense van Venezuela was nog altyd bekend vir hulle vriendelikheid, hartlikheid, eerlikheid en openhartigheid. Eens op 'n tyd is die mense van Venezuela beskou as een van die gelukkigste bevolkings op die aarde. 


Hierdie "land van genade" het egter vir 'n paar dekades baie terugslae beleef. Na aanleiding van data van die Internasionale Monetêrefonds, was Venezuela in 2016 en 2017 die land met die grootste ekonomiese insinking, en is dit deur lande soos Libië, Sirië en Jemen oortref. Dit het 'n land geword wat baie vlugtelinge oplewer, wat tot nou toe nog net 'n verskynsel was in gebiede waar daar konflik is. Venezuela het tans al die karaktertrekke van 'n nasie in na-oorlogse chaos, weens die sosiale ineenstorting as gevolg van die ekonomiese onstabiliteit, die gebrek aan beskikbare gesondheidsorg en voedseltekorte. 


In Deuteronomium 30:19–20 sê God dat ons 'n keuse moet maak. God het vir ons 'n vrye wil gegee vir elke aspek van ons lewens. Liefde, gehoorsaamheid en toegewydheid aan Christus is die sleutels tot 'n lewe vol seëninge.


Die lewe is 'n geskenk van God en sy Woord is vol raad en opdragte wat ons aanmoedig om sy liefde en seëninge elke dag te soek. Moenie toelaat dat versoeking, pyn of lyding jou oë van Hom afneem nie.


Die Bybel sê ook dat hoe meer die sonde word, hoe oorvloediger word genade. Daarom maak dit nie saak hoeveel keer ons misluk nie, God se genade is altyd beskikbaar en gee ons 'n nuwe geleentheid om die regte ding te kies — sy seën.


Gebedsversoeke


· Bid vir die groeiende menslike krisis en huidige politieke situasie. 
· Bid vir die opvoedingstelsel om herstel en verbeter te word.

· Bid dat die Here sal voortgaan om sy koninkryk te bou deur middel van die getuienis van sy kerk.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid