Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 24 VAN 30

Ons Hulp Kom van die Here


In Taiwan heers die moessontydperk van Junie tot Oktober. Hulle word elke jaar deur meer as vyf tifone getref. Sommige is baie sterk en bedreigend. Hoe oorleef Taiwan, die klein eilandjie, dus te midde van sterk wind en reën? 


Dit oorleef as gevolg van die sentrale bergreeks, wat van die noorde tot die suide van die eiland loop en die ooste en weste van Taiwan skei. Wanneer 'n tifoon die ooskus tref en weswaarts beweeg, word dit verswak of vernietig deur die sentrale bergreeks. So word die digbewoonde weskus dus beveilig.


Psalm 121:1-3 sê:

“Ek kyk op na die berge:
waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
My hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;
Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie."

Soms kom daar storms in ons lewens. As dit gebeur wens ons almal dat ons 'n vesting of beskutting het om ons veilig te hou. God belowe in sy Woord dat as ons na Hom kyk, sal Hy vir ons hoop gee en ons van onheil bewaar. Hy is die Helper en Beskermer van ons lewens.


Gebedsversoeke 

· Bid dat die volgende geslag na die Here sal kyk en weet dat Hy die enigste ware God is.
Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid