Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 28 VAN 30

Die Here se Soektog


Kameroen word dikwels 'n "Afrika in die kleine" genoem as gevolg van die land se ongelooflike kulturele, taalkundige en geografiese uiteenlopendheid. Tussen 1916 en 1960 was Kameroen 'n kolonie van beide die Verenigde Koninkryk en Frankryk. Alhoewel die volk nou onafhanklik is, is die nalatenskap van Kameroen se koloniale verlede sigbaar in sy keuse van beide Frans en Engels as amptelike tale. Ag van die tien streke in die volk is Franssprekend en die oorblywende twee is Engelssprekend. Ongeveer 62% van die bevolking is jonger as 25 jaar, wat 'n bron van groot hoop vir die nasie is.


Die mense van Kameroen is op soek na die Een wat lewens kan verander en God is op soek na mense wat Hom sal eer en 'n agent vir verandering onder volke sal word. Die beste tyd is nou, want die Here van die oes gaan binnekort terugkom. 


Koning Hiskia het iets buitengewoons gedoen tydens sy heerskappy. 2 Konings 18:5 sê: “Nie een van al die konings van Juda voor of na Hiskia was soos hy nie.” In die vorige vers lees ons dat hy die heidense altare vernietig het. Dit was radikaal en kon tot sy nadeel wees. 


Hiskia het een van Israel se konings geword wat 'n goeie voorbeeld was van regverdige leierskap. Dit was 'n onseker pad vir hom om te volg, want hy moes anders optree as wat leiers in die verlede opgetree het. Die konings voor Hiskia het nie daaraan gedink om die altare te vernietig nie. Hiskia het sekere besluite tydens sy koningskap geneem. Hy het nie 'n voorbeeld gehad om te volg nie en het self die eerste voorbeeld geword van iemand wat God so liefhet dat hy dit vernietig het wat sy voorvaders aanbid het. 


"Een" — 'n persoon wat regverdig is, uitgesonder is en die Here soek — is nodig wanneer nasies deur pyn en donker dieptes gaan. Daar moet iemand wees wat gereed is om ontslae te raak van sekere praktyke, selfs in die kerk, wat nie tot eer van God is nie. Die Here is op soek na mense wat ontslae sal raak van sondige dinge wat goddeloosheid aanwakker, en afgode vernietig wat mense van God verwyder. God is op soek na "een" soos koning Hiskia wat reg laat geskied en afgode vernietig, of soos Noag, wat gehoorsaam was en 'n ark gebou het, of soos Elisa wat aan Elia se sy gebly het. 


Esegiël 22:30 dui aan dat God op soek is na 'n persoon wat dié "een" kan wees, maar Hy vind nie een nie. Hy is net so op soek in Kameroen en regoor die wêreld. Sal Hy die "een" vind? Mense mag dalk uitstekende persone vind, maar God se kriteria mag verskil.


Dit sal 'n doelbewuste besluit verg om anders te wees en op die Here te vertrou. Sien jy kans vir hierdie taak? Kameroen — en die wêreld — wag vir jou om anders op te tree en die Here se Naam te verheerlik. 


Gebedsversoeke

 
· Bid dat ou tradisies en spiritisme wat nog deur Christene beoefen word, tot 'n einde sal kom.
· Die volk is in 'n krisis wat 'n burgeroorlog kan veroorsaak. Bid dat God die krisis sal gebruik om mense nader aan Hom te trek. Ons wil nie 'n burgeroorlog hê nie. Ons vra God vir vrede. 

  


Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid