Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 27 VAN 30

Meer as Optimisme — Gehoorsame Geloof!


Ons Brasiliane is optimisties, en dit is hoe mense regoor die wêreld ons dikwels beskryf. Ek moet erken dat om te glo dat dinge sal verbeter, selfs in opeenvolgende chaotiese scenario's, iets is wat nie oral gesien word nie. Soms dink ek dat die bron van ons optimisme die pragtige natuur en die gasvrye en vriendelike mense is. Daar is natuurlik ook baie ander faktore om in ag te neem.


In die laaste twee dekades was daar 'n geweldige vermeerdering van evangeliste in Brasilië. Daar is 'n welbekende aanhaling in Brasilië: "God is mos 'n Brasiliaan!” In tye van hoë verwagting, of na 'n groot triomf soos nadat ons sokkerspan 'n groot oorwinning behaal het, sal iemand daardie gesegde aanhaal. Dit verteenwoordig Brasilië se optimisme, asook as die manier waarop mense hulle lewens leef.


Vir ons wat in die evangelie glo, is die redes vir ons hoop iets anders. Ons optimisme is nie gebaseer op die moontlikheid om tydelike omstandighede te verbeter nie. Dis gebaseer op die versekering dat die koninkryk van God naby is en op die goeie nuus van Jesus die Messias, die Seun van God, soos deur die profete aangekondig was en deur die evangelis Markus bevestig is (Markus 1:1-4). 


Om Johannes die Doper bekend te stel, haal Markus twee profete aan om die ware geloof by sy lesers te laat posvat en om aan te dui wat hulle in werklikheid behoort te glo. Wat ons in die evangelies omtrent Johannes die Doper sien, is meer as optimisme; dis gehoorsame geloof. Hy vervul sy rol in die groot geskiedenis van God, tree op as God se boodskapper, verkondig bekering vir die vergifnis van sonde aan godsdienstige mense, gooi nie tou op as hy weerstand ervaar van godsdienstige leiers nie en bly nederig terwyl sy volgelinge vermeerder. En elke keer wanneer hy iemand doop wat tot bekering kom, kondig hy aan dat Jesus hulle met die Heilige Gees sal doop (Markus 1:8). Johannes vervul sy bediening en bereik die doel van sy bestaan.


Ons wil hê dat ons volk menslike optimisme sal oorkom en die punt van gehoorsame geloof sal bereik. Mag ons vreugde vervolmaak word as ons die doel van ons bestaan bereik. Mag die evangelie aan elke persoon verkondig word. En mag ons inspirasie vind in Johannes die Doper vir die beoefening van 'n volwaardige bediening. 


Gebedsversoeke 

· Bid vir elke sendeling wat vanuit en na Brasilië gestuur word.
· Bid vir die Brasiliaanse kerk en al die leraars en leiers.
 
Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid