Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 23 VAN 30

Deel en droom saam in Argentinië


Die Argentynse kultuur word gekenmerk deur verskillende tradisies wat dieselfde handeling insluit: om te deel. Die term deel kom van die Latynse woord compartīri; af. “Com” beteken “met” en "partiri" beteken “om op te deel.” Om te deel kan dus beteken om te "begin met". Die voorvoegsel “met” is ook 'n aanduiding dat iets oral, selfs op dieselfde manier, gedoen word. Dit bring ons by die idee van "gaan saam met hulle wat naby aan jou is”.


Vir Argentyne is kos 'n goeie verskoning om bymekaar te kom, ongeag van waar hulle in die wêreld is. 'n Braai is 'n tipiese maaltyd. Sondae, wanneer hulle nie werk nie, word dikwels gewy aan familie of vriende wat saamkom om heerlike braaivleis te geniet. Niemand eet ooit alleen braaivleis nie. Dieselfde geld vir maté, 'n tee wat van tradisionele kruie en warm water gemaak word. Dit word selde net vir een persoon voorberei. Maté en braaivleis moet gedeel word. 


Behalwe kos, deel Argentyne ook staaltjies, lag saam, deel emosies en voer lang gesprekke. Die belangrikste is dat hulle hul drome met mekaar deel. 'n Voormalige president het eenkeer gesê: “'n Droom wat jy alleen droom, is net 'n droom. 'n Droom wat jy saam met iemand droom is 'n werklikheid.”


Daar is baie dromers in die geskiedenis en regdeur die Bybel. In Genesis lees ons die verhaal van Josef, die dromer. God het deur middel van 'n droom met hom oor sy toekoms gepraat en Hy het vir Josef die gawe gegee om drome uit te lê. Hy het drome van die Farao se hoofbakker en skinker uitgelê terwyl hy in die tronk was (Genesis 40). Omdat God hom toegelaat het om hulle drome uit te lê, is hy uiteindelik gevra om 'n ontstellende droom wat die farao gehad het, uit te lê (Genesis 41). Deur sy gawe met die farao te deel, het Josef se lewe verander. 


God wil hê dat jy net soos Josef, die gawes wat Hy jou gegee het, met ander moet deel. Benut die guns wat God in jou lewe geplaas het om te alle tye en op alle plekke 'n seën vir ander te wees. Begin klein, maar droom groot drome. 


Dis belangrik om die drome wat God vir jou gee met ander te deel, want dis die manier hoe daardie drome sal versprei en vlamvat in die harte van ander mense. As Hy 'n gevoel, 'n passie of 'n las in jou hart plaas, moet jy dit ontwikkel en met ander deel sodat dit tot seën vir baie sal wees.


Gebedsversoeke


· Bid vir die nasie se ekonomie, wat in 'n ernstige krisis is en al hoe meer werkloosheid en armoede veroorsaak.

· Bid dat die kerk sal wakker skrik en deur groter geestelike krag en toewyding aan die sendingopdrag gekenmerk word.
Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid