Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 25 VAN 30

Word versadig met die beste wat daar is

Die Verenigde State se Onafhanklikheidsverklaring sê onder andere: “Ons hou hierdie waarhede as vanselfsprekend, dat alle mense gelyk geskape is, dat hulle deur hul Skepper toegerus is met sekere onvervreembare regte, dat onder hierdie lewe, vryheid en die strewe na geluk is.”


As burgers van die koninkryk van God, is lewe en vryheid die fokuspunte van ons geloof in Jesus Christus. Hoeveel van hulle wat egter in die Verenigde State en elders woon, word deur "onvervreembare regte" gedryf om geluk in die gang van hulle lewens te vind?


In die soeke na geluk is dit maklik om oorweldig of afgelei te word deur tydelike dinge wat 'n mens nooit regtig tevrede stel nie. Ons werk oortyd om meer geld te verdien. Ons spandeer eindelose ure op die internet of om televisie te kyk. Ons sal sekere items koop om guns by vriende te wen en plaas dinge op sosiale media ter selfbevestiging. Dit word 'n oneindige kringloop. 


Amerikaners werk langer ure as die meeste werkers in ander ontwikkelende lande. Dis ook algemeen bekend dat Amerikaners baie meer natuurlike hulpbronne verbruik en op minder volhoubare maniere leef as mense in ander groot lande. ’n Goeie werksetiek en om die mooi dinge in die lewe te geniet is op sigself beslis nie sleg nie. Dit kan egter ongesonde gevolge teweegbring as ons daardeur gedryf word. Sal dit ons ooit werklik tevrede stel en gelukkig maak?


God bied vandag 'n beter uitnodiging:

“Kom, almal wat dors is, 
kom na die water toe, 
selfs ook dié wat nie geld het nie,

kom, koop en eet;
ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal,
wyn en melk.
Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie,
waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?
Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is
en versadig kan word met die beste wat daar is”
Jesaja 55:1–2.

Die profeet Jesaja verkondig God se uitnodiging aan almal wat dors is vir die dinge wat net Hy kan voorsien. Ons word uitgenooi om Jesus as die lewende water te geniet, sy verkwikking en voeding. Ons kan die geskenk van verlossing, genade, vreugde en vrede beleef — dis alles verniet! Jesus het die prys met sy dood aan die kruis betaal. Dit is nie nodig om ons arbeid en finansies op die aantreklikhede van die wêreld te bestee nie, want dit sal nooit ware geluk en ware vervulling bring nie.


God roep ons om aandagtig na Hom te luister — om te hoor wat Hy sê en dit in ons lewens toe te pas. Hy nooi ons uit om te eet wat werklik goed is — wat ook al waar, edel en rein is — wat afkomstig is uit sy Lewende Woord. Dan, en slegs dan, sal ons siele vreugde vind in die oorvloed van wie God is en wat Hy aan ons voorsien.


Hoe belangrik is dit vir jou om Jesus en sy koninkryk te soek? Hy wil graag jou bron van tevredenheid en voorsiening wees! (Lees Matteus 6:33).


Hoe honger en dors is jy vir sy geregtigheid? Hy sal jou tevrede stel! (Lees Matteus 5:6).


Hoe dors of behoeftig is jy vandag na God? Is die prioriteite van hierdie wêreld dinge wat jou aandag aflei en soek jy tydelike geluk, of is jy desperaat op soek na Hom? 


Koning Dawid se siel roep uit na God in Psalm 63:1. 


Mag ons dieselfde diep honger en verlange na God hê. Mag ons vreugde vind in die waarheid en goedheid van sy Woord. Mag ons onsself toelaat om verheug te wees in die volheid van wie net Hy is. 


Gebedsversoeke

· Bid dat hedendaagse mense 'n hernude passie sal ondervind en honger en dors sal wees vir God en Hom en sy weë sal navolg.

· Bid dat die hedendaagse jeug (her)ontdek wie Jesus is en hoekom die evangelie van belang is en dan ander jongmense beïnvloed om Jesus self te leer ken.
Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid