Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 29 VAN 30

Die Belangrikheid van Verhoudingsgerigtheid


Russe word as baie verhoudingsgerig beskou. Saam met die onbeskryflike Russiese "siel" is verhoudingsgerigtheid 'n groot deel van die nasionale karakter. Die oorsprong hiervan lê in die geskiedenis en klimaat van Rusland. Stryd, groepsgerigtheid, Stalin se onderdrukkings, oorlogstragedies en -ontberings het alles 'n aandeel in die volk se kenmerke.


Russe hou daarvan om mense tuis te onthaal. Hulle kom bymekaar met gaste en praat en sing soms vir ure lank. Dis byvoorbeeld belangrik in Rusland om eers 'n persoonlike verhouding met iemand aan te knoop voor jy met sake-onderhandelinge voortgaan. Die verhouding word versterk deur 'n vertrouensverhouding en wedersydse begrip, veral in die huidige, moeilike sakewêreld.


Dit is baie algemeen in Rusland om onaangekondig vir vriende te gaan kuier. Hulle word hartlik verwelkom en genooi om saam te eet. As jy in die nood is sal hulle jou beslis help.


Amper net so — en selfs in 'n groter mate — is elke gelowige se persoonlike verhouding met God en ander Christene uiters noodsaaklik. Die Woord van God stel dit baie duidelik dat ons ons lewens en seëninge met ander moet deel (Hebreërs 13:16). 


Hierdie karaktertrek was van die begin van die kerk af duidelik sigbaar. In Handelinge 2:42 lees ons van gebed, aanbidding en 'n gemeenskaplike maaltyd saam met mede-gelowiges. 


Dis 'n voorbeeld wat elke Christen kan volg en is veral nodig as ons die volgende geslag wil bereik. Om goeie persoonlike verhoudinge te bou is uiters belangrik vir jongmense. Ons kan hulle help om hierdie verbintenisse te maak deur sosiale geleenthede, byeenkomste vir jongmense, uit te reik in die gemeenskap en liefdadigheidsaktiwiteite te reël.


Ons weet dat die meerderheid van Russiese jongmense daagliks die internet gebruik. Om tegnologies vaardig te wees is egter nie die enigste manier om met jongmense kontak te maak nie. Die kerk het iets baie aanloklik om vir die jong geslag aan te bied — ware gemeenskap, samehorigheid.


Studies het bewys dat kinders en tieners op soek is na maniere om iewers te behoort en aanvaar te word. Hulle het iemand nodig wat in hulle glo, vir hulle omgee en gewillig is om na hulle te luister. Hulle is gretig om hulle passie uit te leef en van hulp te wees. Al hierdie dinge kan deur verhoudinge bereik word. Kerke wat sulke geleenthede moontlik maak, trek jongmense. Hulle kan daar goeie vriende maak en in geloof groei.


Gebedsversoeke 

· Bid dat kerke in Rusland op dissipelskap sal konsentreer.
· Bid dat kerke Christen jongmense sal bemoedig en toerus om hulle geloof met hulle maats te deel en dat hulle evangeliese strategieë op verhoudinge gefokus sal wees.
Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid