Ek weet ditVoorbeeld

This I Know

DAG 12 VAN 28

Ek weet dit: Liefde  

Lewe in God se Liefde  

Waarneming  

  • Daar is verskeie dinge in ons lewens wat ons aan God se liefde kan herinner: familie, vriende, om wakker te word in die oggend, musiek, kos, die sonsopkoms of sonsondergang. Die lys gaan nog aan en aan! Ons kan in God se liefde lewe deur Hom met ons lewens te vertrou. Ons kan elke dag uitkyk vir maniere hoe God sy liefde aan ons bewys. Hoe verander God se liefde die manier hoe jy vandag lewe?  

Oordenking 

  • Bedaar en besef dat God jou persoonlik liefhet. Indien jy enigsins daarin twyfel, vra God hardop om jou te wys hoe Hy jou liefhet. Kyk vandag uit vir God se klein herinneringe.   

Aangaande hierdie leesplan

This I Know

Ons weet baie dinge! Ons kan selfs met 'n vinnige soektog antwoorde kry op dinge wat ons nie weet nie, maar met so baie inligting, hoe weet ons wat is die waarheid? Waar kry ons die antwoorde op die belangrike vrae in die lewe? Hierdie 4-week leesplan sal jou help om uit te vind wat die Bybel sê oor die waarheid, liefde, geloof en die lewe, sodat jy met vertroue kan sê: “Ek weet dit!”

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://hillsideonline.com/