Leesplan inligting

Drome wat HerleefVoorbeeld

Dreams Redeemed

DAG 6 VAN 7



"Wat wil jy hê?" My gewese man het my hierdie vraag gevra toe ons huwelik begin verbrokkel het. "Ek wil hê jy moet doen wat geen man nog ooit gedoen het nie … ek wil hê jy moet vir my baklei," het ek met 'n bewerige stem deur die snikke heen gesê. 



Later, terwyl ek die uitdagende en dikwels eensame pad van 'n enkelma gestap het, het ek gevoel God vra my dieselfde vraag: "Wat wil jy hê?" Vir 'n hele paar jaar was ek nie in staat om Hom te antwoord nie. Ek gewonder: Maak dit regtig saak wat ek wil hê? 



Ek het al my verlange en begeertes agter 'n slagspreuk versteek wat ek dikwels opgesê het, maar wat regtig goed geklink het: "U wil, nie myne nie". 



Alhoewel dit goed is om aan God se wil oor te gee, het dit my 'n lang tyd geneem om te besef dat God nie na my passiewe onderwerping op soek is nie — Hy wil my hart hê. Hy soek nie slawe wat uit plig en vanuit 'n onderdrukte wil op bevele reageer nie, maar dogters en seuns wat op Hom reageer uit intimiteit en verhouding. 



Ek het al gehoor daar word gesê, "Verlange is goed vir jou. Dit is die eggo van wonderwerke wat aan die kom is."



God gee om vir ons drome. Hy gee om oor die verlange in ons harte. As ons ons verlange met Hom deel en Hom toelaat, sal Hy wagtydperke gebruik om ons toekoms te bou en ons nader aan Hom te trek. Om ons drome met God te deel beteken nie ons kry alles wat ons wil hê nie. Hy is nie ons persoonlike towenaar nie. Die proses om ons drome met God te deel, trek ons nader aan Hom.



Kan jy jou voorstel om 'n beste vriend of huweliksmaat te hê wat jou nooit van hul drome en behoeftes vertel nie? Ek dink ons sou nogal afgesluit van hulle gevoel het en ons sou die verhouding as oppervlakkig ervaar het. Die kwesbare gebruik om jou begeertes en behoeftes te deel, vergroot ons vermoëns tot intimiteit met God en ander mense.



Wat my betref, nadat ek jare lank my droom om by 'n eetkamertafel te sit met 'n gesin van my eie ontken het, het ek uiteindelik vir God gesê wat ek wil hê. Ek wou weer trou. Ek wou iemand hê met wie ek drome en visies, verantwoordelikhede en uitdagings, gelag en trane kon deel.



Die wagtydperk het voortgeduur. Te midde daarvan, het God aangehou om 'n diep genesingswerk in my te doen. Hy het die wagtydperk gebruik om my te leer van wedersydse vriendskappe en wat ware emosionele intimiteit met betroubare mense is. My geloof dat God waarlik goed is, het ook gegroei. Dat sy karakter vertrou kan word. Sy planne is goed. Hy het my geleer dat die omstandighede in my lewe nie hierdie feite verander nie. Hy het my geleer om aan hierdie waarhede vas te hou, selfs wanneer ek nie gedink het ek sien bewyse daarvan nie.



Wat wil jy hê? 



Regdeur die Skrif het Jesus hierdie vraag op verskillende maniere vir die mense gevra wat Hy teëgekom het. Ek glo Hy vra dit ook vir jou. Ek moedig jou aan om die antwoord op hierdie vraag te verken en dit met Hom te deel. Hy kan vertrou word met die verlange van jou hart. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Dreams Redeemed

Wat moet ons doen wanneer dit lyk of ons drome buite bereik of selfs verpletter is? Nadat ek mishandeling en trauma oorkom het, asook die hartseer van 'n egskeiding, kom ek herhaalde kere voor hierdie vraag te staan. Of ...

More

Baie dankie aan Harmony Grillo (I Am A Treasure) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://harmonygrillo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid