Leesplan inligting

Drome wat HerleefVoorbeeld

Dreams Redeemed

DAG 4 VAN 7



Teleurstelling en pyn het die manier om versoeking aan te wakker. Dit maak ons meer vatbaar vir ons swakhede. Of dit afsondering, ooreet, losse sedes, of 'n paar glase wyn te veel is, ons begeerte om die pyn te verdoof of daarvan te ontsnap, dryf ons om kompromieë aan te gaan. Ons sê vir onsself ons verdien om beter te voel.



Wanneer ons seerkry, is ons nog meer geneig om die droom op te offer vir iets wat tydelik is. Die gemak wat saam met ons euwels kom, is ten beste vlietend, oppervlakkig en venynig vernietigend.



Daar is 'n toneel in die beroemde opera, La Boheme, waarin twee mans deur 'n brutale winter in Parys worstel. Een van hulle, 'n skrywer, het ontelbare ure aan 'n stuk werk bestee. Hy het so koud gekry dat hy skaars op sy skryfwerk kon konsentreer.



Omdat hy nie geld vir steenkool of hout vir die vuur gehad het nie, het hy in 'n oomblik van uiterste desperaatheid sy hele manuskrip in die vuuroond gegooi. Binne sekondes het die pak papiere met al sy skryfwerk tot as verbrand.



Hierdie skrywer het sy droom opgeoffer, alles waarvoor hy gewerk het, vir 'n vlietende oomblik van gemak. Hy het moed verloor. 



Ons sien dieselfde patroon in die verhaal van Esau soos in Genesis beskryf. Uitgeput en dood van die honger, het hy huis toe gegaan na die reuk van 'n pot vuurwarm lensiesop. Desperaat van honger, gee Esau sy geboortereg weg, al die voordele, gesag en erflating wat 'n eersgeborene toegekom het, vir 'n bietjie sop. Hy het sy toekoms opgeoffer vir die kortstondige bevrediging van 'n vol maag. 



Luister, ek begryp dit. 



Ek is in die versoeking om te eet wanneer ek hartseer is. (Baie keer gee ek in!).  Na my egskeiding, het eensaamheid my in die versoeking gelei om die perk laer te stel en 'n kompromie aan te gaan wat afsprake betref. Gelukkig het ek nie tot hierdie versoeking ingegee nie, maar dit was beslis daar. 



Toe ek my huis verloor het en op die randjie van bankrotskap was, het 'n buurman my 'n werk aangebied met 'n 6-syfer salaris in farmakologiese verkope. Ek was in die versoeking om die werk te aanvaar, maar as ek dit gedoen het, sou dit beteken ek moes my werk by "Treasures" prysgee. Die tydelike gerief van groter finansiële stabiliteit was dit nie werd dat ek die doel waarvoor God my geroep het, prysgee nie. 



Soms vereis die Goddelike droom opoffering. God is meer besorg oor ons karakter as oor ons gemak.



Ons kan toelaat dat moeilike dinge ons karakter bou of dit afbreek. Ons kan die droom opoffer vir dit wat tydelik is, of ons kan volhard en volharding toelaat om ons karakter en volwassenheid te versterk. 



Moenie die droom vir iets wat tydelik is prysgee nie. Moenie toelaat dat pyn of teleurstelling veroorsaak dat jy jou droom prysgee vir kitsoplossings en kortstondige plesiere nie. Moenie moed verloor nie. Daar is te veel op die spel.



Daar is vryheid anderkant getrouheid. Vir jouself en al die mense op wie jy 'n invloed sal hê wanneer jy jou doel uitleef!


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dreams Redeemed

Wat moet ons doen wanneer dit lyk of ons drome buite bereik of selfs verpletter is? Nadat ek mishandeling en trauma oorkom het, asook die hartseer van 'n egskeiding, kom ek herhaalde kere voor hierdie vraag te staan. Of ...

More

Baie dankie aan Harmony Grillo (I Am A Treasure) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://harmonygrillo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid