Leesplan inligting

Drome wat HerleefVoorbeeld

Dreams Redeemed

DAG 3 VAN 7



Geloof maak ons nie immuun teen die swaarkry van die lewe nie. Daar is oomblikke wanneer loopbane verloor word, harte gebreek word, of geliefdes voortydig weggeneem word. 



Daar is ander tye wanneer ons wag (en wag en wag) vir ons drome om waar te word. Die droom om 'n kind te hê of vir 'n verhouding om herstel te word. Vir 'n geliefde om gesond te word of 'n verslawing te oorkom. Om vooruit te gaan in ons loopbane. Ons harte is seer van verlange na dit wat ons nog nie het nie. Soms het ons so lank seer dat ons hoop afneem en ons mag selfs ophou droom, net dat dit nie so seer moet wees nie. 



God gee vir ons drome om. Om die waarheid te sê, Hy plaas "Goddelike drome" in ons almal se harte. As ek die droom meer begeer as wat ek God, die Droomgewer begeer, maak ek 'n afgod van die droom. 



Vandat ek twee jaar oud was, wou ek 'n beroemde aktrise word. As kind het ek ure voor die spieël bestee om karakters te ontwikkel. Mishandeling en uitbuiting het al my drome laat ontspoor, selfs ook daardie een. Toe ek 'n pad saam met Christus begin stap het, het ek besluit om weer met toneelspel te begin. 



Ek het werk begin kry en 'n wonderlike tyd gehad terwyl ek aan my loopbaan bou, maar ek het gou besef dat God 'n ander droom vir my lewe gehad het as die een wat ek gevolg het. 



As ek moet eerlik wees, was my begeerte om 'n aktrise te wees, deels ter wille van 'n gevoel van eiewaarde. God wou egter hê ek moet my waarde in Hom vind, nie in die erkenning en aandag wat ek as 'n aktrise kon kry nie. Ek het ook begin verstaan dat Hy die pyn van my verlede wou gebruik om hoop en vryheid vir ander te bring. 



Ek het besluit om "God se droom" vir my lewe te volg en in 2003 het ek "Treasures" begin, 'n uitreik- en ondersteuningsgroep vir slagoffers van seksuele misbruik en mishandeling. Ek kry elke dag die geleentheid om te sien hoe ander se lewens beïnvloed word, weens my besluit om God se droom vir my lewe te volg! As ek aangehou het om my droom as aktrise na te jaag, of erger, toegelaat het dat dit 'n afgod in my lewe word, sou ek die droom gemis het wat God vir my in gedagte gehad het! 



God gee vir ons om en Hy gee ook vir ons drome om. Hy gee genoeg om dat Hy gewillig is om ons in 'n ander rigting te stuur, weg van dit wat ons dink ons wil hê, sodat Hy ons kan lei na dit wat Hy vir ons het. 



God het ook 'n droom vir jou lewe. Dit mag iets wees waarheen jy alreeds op pad is, of dit kan soms iets heeltemal onverwags wees. Ek glo as jy jou planne en drome in oop hande hou en Hom vertrou met die proses, sal Hy jou lei na die volheid wat Hy vir jou in gedagte het. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dreams Redeemed

Wat moet ons doen wanneer dit lyk of ons drome buite bereik of selfs verpletter is? Nadat ek mishandeling en trauma oorkom het, asook die hartseer van 'n egskeiding, kom ek herhaalde kere voor hierdie vraag te staan. Of ...

More

Baie dankie aan Harmony Grillo (I Am A Treasure) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://harmonygrillo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid