Leesplan inligting

Drome wat HerleefVoorbeeld

Dreams Redeemed

DAG 2 VAN 7



My heel eerste Moedersdag — 'n dag wat ek my voorgestel het met blomme en oordrewe sentimente gevul sou wees. In plaas daarvan het ek geluister na 'n bekentenis wat sou lei tot die beëindiging van my huwelik. Getraumatiseerd en in rou, was ek in geen toestand om vir die eerste 24 uur my babadogter te versorg nie. My goeie vriende was liefdevol genoeg om haar vir die nag op te pas. 



Toe ek haar die volgende dag gaan haal het, het ek in 'n poel trane op hulle sitkamermat gesit en my lot bekla. "Ek was sy bruid. Ons het beloftes gemaak. Ons was veronderstel om saam kinders groot te maak en saam kleinkinders te hê. Ons sou die siklus van egskeiding in ons gesinne verbreek. Ons was veronderstel om saam oud te word." 



My vriendin het medelydend geluister voordat sy 'n waarneming met my gedeel het. "Harmony, dit klink asof jy 'n prentjie geverf het hoe jy wou hê jou lewe moet lyk. Ek weet dit is moeilik, maar dit mag tyd wees dat jy die skilderdoek aan God moet oorhandig en Hom vertrou om 'n nuwe prentjie te skilder".



Sy was reg. Ek het nie net gerou oor die lewe wat ek geken het nie, maar die een wat ek gedink het ons sou hê. Ek was oorstelp van hartseer. Ons bestee meestal tyd om 'n prentjie te skilder hoe ons lewens sal lyk. Ons skilder 'n prentjie in ons koppe van ons huwelike, kinders, loopbane, vriendskappe, en soms selfs die tydlyn van al hierdie dinge. 



Visie is 'n goeie ding, maar wat gebeur wanneer ons drome en verwagtinge deur die lewe se teleurstellings verpletter word? Die dood van 'n geliefde, die verbrokkeling van 'n huwelik, of die verlies van 'n loopbaan? Hoe moet ons reageer? Word ons vir God kwaad en reageer met bitterheid? Neem ons 'n eed om nooit weer te droom nie, want dit maak te seer om te hoop? Of, is ons gewillig om ons hande oop te forseer en die skilderdoek aan Hom te oorhandig?



Ek het ook 'n prentjie geskilder hoe my lewe sou lyk, maar ek het ontdek dat my skilderdoek miskien nie ooreenstem met die uiteindelike prentjie wat God vir my skilder nie.



Fantasieë kan afgodery wees. Dit gebeur wanneer ons ons vertroue in 'n beeld plaas wat ons denke opgetower het. Dit kan baie makliker wees om ons vertroue in iets te plaas wat ons kan sien en beheer, eerder as om dit in 'n God te plaas wat ons nie kan sien of beheer nie.



Egte verhoudings en intimiteit kan vreesaanjaend wees. Genesing kan vreesaanjaend wees. Hierdie dinge vereis vertroue en moed om saam met God op onbekende paaie te stap, op maniere wat ons ons nie kan indink nie. God, ons God, wil ons op hierdie reis neem. Hy wil ons ongelyke paaie gelyk maak en lig bring waar daar nie meer lig is nie.



As ons God se lig toelaat om ons harte te verlig, kan Hy die ware bron van ons pyn blootlê, sodat genesing kan plaasvind. Slegs dan sal ons duidelik kan sien wat ons in fantasieë laat beland het. Slegs dan sal ons die skilderdoek van ons lewens aan 'n goeie God kan oorhandig, wetende dat Hy oneindig meer kan doen as wat ons kan bid of dink!


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dreams Redeemed

Wat moet ons doen wanneer dit lyk of ons drome buite bereik of selfs verpletter is? Nadat ek mishandeling en trauma oorkom het, asook die hartseer van 'n egskeiding, kom ek herhaalde kere voor hierdie vraag te staan. Of ...

More

Baie dankie aan Harmony Grillo (I Am A Treasure) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://harmonygrillo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid