Leesplan inligting

Drome wat HerleefVoorbeeld

Dreams Redeemed

DAG 1 VAN 7



Ek het nooit gedink ek sou die ouderdom van een en twintig haal nie. Na 'n lang geskiedenis van seksuele mishandeling, verkragting en lewe in 'n chaotiese omgewing, het my ma ons vir drie maande verlaat. Op dertienjarige ouderdom moes ek en my agtjarige broer, vir onsself sorg in ons bendegeteisterde woonbuurt. Gedurende die somer het ek betrokke geraak by 'n ouer seun wat vir ons kos en beskerming aangebied het. Die verhouding het in misbruik en uitbuiting ontaard, en uiteindelik het dit my gelei na die seks-industrie as 'n ontkleedanseres. In wese het my kêrel my "koppelaar" geword en my lewe het buite beheer begin raak. 



Jesus se koms. 



In Hom het ek genade, genesing, en 'n pad na vryheid gevind. Ek het weer begin droom. Ek het gedroom van 'n dag wat ek 'n huis met 'n wit houtheining sou hê en 'n groen grasperk wat met kinders se speelgoed besaai is. Ek het gedroom van 'n ongeskonde gesin waar ons almal dieselfde van sou hê. My droom het veiligheid en stabiliteit verteenwoordig — iets waarvan ek min in my kinderjare gehad het.



Ek het verkeerdelik geglo, dat as ek op 'n Sondag kerk toe gegaan het, al die regte boeke gelees en al die regte dinge gedoen het, al my drome bewaarheid sou word. Dat hierdie dinge aan my 'n sekere Jesus-immuniteit teen al die teenslae van die lewe sou gee. 



Binne 'n paar jaar het alles volgens my plan verloop. Ek was getroud, het 'n pragtige baba gehad en 'n huis met 'n agterplaas. Die lewe was so wonderlik dat ek op myself jaloers was! 



Toe ek uitvind dat my man ander verhoudings het en hy nie gewillig was om te veg vir die herstel van ons huwelik nie, het ek gevoel asof alle hoop wat ek ooit vir my lewe gehad het, verpletter is. Die lewe waarvan ek gedroom het was besig om heeltemal uitmekaar te val. 



In sy gedig, "Harlem", vra Langston Hughes 'n vraag. Wat gebeur met 'n droom wat uitgestel word?"  



 "Droog dit op



      soos 'n rosyntjie in die son?



      Of sweer dit soos 'n wond —



      En hardloop dan weg?"



Ek glo wat met ons drome gebeur wanneer dit uitgestel word, buite bereik is, of selfs verbrokkel, van die dromer afhang. Hoe ons reageer sal bepaal of ons nader aan God se droom vir ons lewens gestuur word of verder daarvandaan.



In die lig van my man se bekentenis, het ek voor 'n besluit te staan gekom …



Waarin gaan ek my hoop stel? Gaan ek my hoop stel in die droom wat ek vir my lewe gehad het? Of gaan ek my hoop in God stel?



Volgens die Bybel, maak hoop wat uitgestel word die hart siek, maar hoop in Jesus is 'n anker vir ons siele. Ek kon nie my omstandighede verander nie, so graag as wat ek wou, maar ek kon besluit hoe ek daarop gaan reageer. 



Ek nooi jou uit om na te dink oor die volgende vrae: Waar is jou hoop vandag? Is jou hoop op jou droom vir die lewe? Of is jou hoop op die Droomgewer? 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dreams Redeemed

Wat moet ons doen wanneer dit lyk of ons drome buite bereik of selfs verpletter is? Nadat ek mishandeling en trauma oorkom het, asook die hartseer van 'n egskeiding, kom ek herhaalde kere voor hierdie vraag te staan. Of ...

More

Baie dankie aan Harmony Grillo (I Am A Treasure) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://harmonygrillo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid