Leesplan inligting

Drome wat HerleefVoorbeeld

Dreams Redeemed

DAG 5 VAN 7



Een pragtige Saterdagoggend het ek my oulike driejarige dogter dopgehou terwyl sy rustig geslaap het. Ek het gretig gewag dat sy moes wakker word, want ek wou haar verras met haar gunsteling ontbyt en haar dan op 'n rolprent-en-roomys afspraak neem.  



Ek het versigtig die hare van haar voorkop weggevee en haar wang begin soen. "Word wakker klein slapertjie," het ek in haar oor gefluister.  



Skielik het haar arms en bene wild tekere gegaan in 'n woeste bui. "Neeee! Ek wil nie wakker word nie," het sy geskree. Haar engelgesiggie was vertrek in 'n frons van misnoeë en tamatie-rooi. 



My hart het in my skoene gesak. Ek was verward oor haar uitbarsting en baie teleurgesteld dat dit nie moontlik was om die prettige dag te hê waaroor ek gedroom het nie. 



My dogter wou in die bed bly, net daar waar sy was. Sy was gemaklik in haar droomdeurdrenkte sluimering. Haar wilde verset het veroorsaak dat sy iets regtig lekker misgeloop het. Daar was nie 'n manier wat ek haar op ons spesiale afspraak sou neem en sodoende die optrede beloon nie. Sou sy anders opgetree het as sy van my planne geweet het? As sy my plan vertrou het, as sy my vertrou het, sou sy dan anders reageer het? 



Ek wonder of ek ooit iets misgeloop het wat God vir my beplan het, omdat ek te gemaklik was. Te gefokus op wat ek wou hê. 



Soms wil ons iets so graag hê, dat ons dink dit is wat ons nodig het. As ons regtig vertrou dat God goed is en dat sy plan goed is, sal ons mos luister. Ons sal volg — selfs wanneer dit ons eie planne omvergooi en ons uit ons gemaksone laat beweeg. Selfs wanneer dit beteken dat dit tyd is om verhoudings, gewoontes of pyn wat ons opgekrop het, te laat vaar.  



Vertroue is die fondament van geloof — om geloof in God te hê is om sy plan te vertrou, selfs wanneer ons dit nie verstaan nie. Dit is ook die fondament van die Goddelike droom vir ons lewe. Gedurende die tye wanneer ek gevoel het asof die lewe, soos ek dit ken, heeltemal uitmekaar begin val het, het geloof in God my 'n vaste plek gegee waarop ek kon staan. 



"Word wakker, liefling. Maak oop jou oë. Kom saam met my. Ek het iets wonderlik vir jou beplan. Vir jou om te ervaar wat ek vir jou in gedagte het, kan jy nie bly waar jy is nie. Dit is tyd om vorentoe te beweeg, my skat." 



Ek glo God nooi jou en my uit na 'n plan wat wonderliker is as wat ons verbeeldings kan optower. Een wat herstel en verlossing insluit van alles wat verlore en gesteel is. Die vraag is, sal ons Hom genoeg vertrou om Hom te volg? 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Dreams Redeemed

Wat moet ons doen wanneer dit lyk of ons drome buite bereik of selfs verpletter is? Nadat ek mishandeling en trauma oorkom het, asook die hartseer van 'n egskeiding, kom ek herhaalde kere voor hierdie vraag te staan. Of ...

More

Baie dankie aan Harmony Grillo (I Am A Treasure) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://harmonygrillo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid