Leesplan inligting

Drome wat HerleefVoorbeeld

Dreams Redeemed

DAG 7 VAN 7



Daar is 'n reël in die "gebed vir kalmte", wat gewoonlik by 12-stap byeenkomste gebid word, waarin God gevra word om ons te help "om swaarkry te aanvaar as die pad na vrede; om soos Jesus hierdie sondige wêreld te aanvaar soos dit is, nie net soos ek dit wil hê nie".



Daardie reël het altyd vir my uitgestaan omdat ek soveel van my energie bestee het om omstandighede en die mense om my te probeer regmaak en te beheer sodat ek 'n lewe kon skep soos ek dit wou hê ... in 'n poging om my drome te laat waar word. Dit het duidelik nie gewerk nie.



In die nadraai van my egskeiding het ek my huis verloor, my kredietwaardigheid was geruïneer en dit het gevoel asof al die veiligheidsnette wat ek vir myself opgestel het en die lewe wat ek probeer bou het, een vir een heeltemal afgetakel word. Die lewe was nie soos ek dit wou hê nie.



Op een tydstip het ek myself betrap dat ek werklik daaroor rou en ek het uitgeroep na God: "Dit het nie uitgewerk soos ek gedink het dit sou nie". God het geluister. Toe praat Hy in my hart.



Ek het jou gered.



Die onsinnigheid van daardie stelling was amper lagwekkend. Daar was niks waardeur ek gegaan het wat my eens amper aan redding laat dink het nie.



Harmony, Ek het jou gered van jou weergawe van die droom ... Ek wil die droom herstel.



Hierdie belofte, dat God die droom sal hertel, dat Hy my gesin sal herstel, het my hoop gegee dat die wagtydperk waarin ek was nie vir ewig sou duur nie.



Ek weet God is 'n verlosser. Eers het Hy my verhaal van pyn en uitbuiting herstel en Hy gebruik dit om ander te bereik deur "Treasures". Vandag, 'n aantal jare na die egskeiding, kan ek jou vertel dat Hy my droom van 'n gesin herstel het. In Maart 2014 is ek getroud met 'n fantastiese man wat 'n wonderlike, liefdevolle tweede pa vir my pragtige dogter is! In Januarie 2018 het ons 'n oulike babaseun gehad wat soveel vreugde in ons huis gebring het.



Ek is baie lief vir die verhaal van Josef, want dit is 'n voorbeeld van 'n dromer wat God vertrou het, selfs toe dit gelyk het asof al sy drome verpletter was. Hy is deur sy gesin verraai, verlaat, as slaaf verkoop, in die tronk gegooi, en vergeet. Deur dit alles was God met Josef. Uiteindelik het sy geloof in God hom in staat gestel om bo sy omstandighede uit te styg en sy gesin en die hele Egipte van hongersnood te red. God het elke stukkie van Josef se lewe en verhaal ten goede gebruik! God het die droom herstel. 



Ek wonder of Josef ooit in die versoeking was om die droom prys te gee? In plaas daarvan, het hy getrou gebly deur al sy wagtydperke en omstandighede, en God toegelaat om hom te gebruik en aangehou droom. 'n Nasie is gered omdat hy getrou was.



Ek weet nie waardeur jy gaan nie. Ek weet nie onder watter soort moeilikhede of aanvalle die Goddelike drome in jou lewe gely het nie. Wat ek wel weet is — God is 'n verlosser. Hy is getrou. As jy aanhou droom, aanhou vertrou, aanhou volhard ... 



sal God daardie droom herstel. 



 



Nota van Harmony:



Ek hoop jy het hierdie leesplan geniet! Ek sou graag wou aanhou om jou te bemoedig om in vryheid te leef, groot te droom, en goed te doen! Ek nooi jou uit om na my blog te kyk by www.HarmonyGrillo.com. Om meer te leer van "Treasures", kan jy hierna gaan kykwww.iamatreasure.com



 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Dreams Redeemed

Wat moet ons doen wanneer dit lyk of ons drome buite bereik of selfs verpletter is? Nadat ek mishandeling en trauma oorkom het, asook die hartseer van 'n egskeiding, kom ek herhaalde kere voor hierdie vraag te staan. Of ...

More

Baie dankie aan Harmony Grillo (I Am A Treasure) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://harmonygrillo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid