20/20: God se Visie Vir My LeweVoorbeeld

20/20: God's Vision For My Life

DAG 6 VAN 35

Ek Is Gewillig

Deur Alan Smith

"Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom"Jesaja 53:4–5.

Die klas was amper klaar. Ons het meer as 'n uur lank die Skrif oor die koninkryk van God ondersoek. Ons het die werklikheid bespreek van 'n God wat alomteenwoordig is en bereid om namens ons volgens sy doelwitte te werk om die heerskappy van sy gesag op aarde uit te brei. Gedurende die aand het 'n toenemende gevoel van afwagting in die vertrek posgevat. Ons het nie net oor die teenwoordigheid van God in 'n abstrakte vorm gepraat nie; op daardie oomblik is ons genooi om sy teenwoordigheid en krag te ervaar.

Almal in die vertrek het hul hoofde gebuig toe ek die Here genooi het om kragdadig onder ons te werk. Terwyl ons in afwagtende stilte sit, het ek gewaar geword van een woord.

Regterheup.

Daarom vra ek toe: "Is hier iemand wat 'n probleem met hul regterheup het? Ek voel God wil jou vanaand genees.”

'n Enkele hand het vinnig aan my regterkant opgeskiet. Sy het verduidelik dat haar heup haar al 'n geruime tyd probleme gee. Pyn en beperkte beweging was 'n voortdurende hindernis. Ek het haar man gevra om sy hand saggies op haar heup te lê terwyl ek bid: “In die Naam van Jesus beveel ek dat jou heup moet genees. Alle pyn moet verdwyn. Laat die volle omvang van beweging nou herstel word.”

Ek het haar beveel om haar been te beweeg soos wat sy nie voorheen kon doen nie en my sê wat die resultaat is. Haar gesig het verander van 'n oomblik se senuweeagtige hoop na opgewonde vreugde toe sy haar been heen en weer kon beweeg sonder pyn of beperking. 'n Maand later het sy my aan die einde van 'n ander klas opgesoek om te vertel dat sy sedert daardie aand sonder pyn kon aangaan en haar bewegings ten volle herstel het. Sy draf selfs drie keer per week sonder probleme!

Dit was egter nie die beste deel van die aand nie … 'n aand waarin ons gesien het hoe drie heupe, een knie, een laerrug en 'n skouerpyn heeltemal genees is. Later het ek uitgevind dat, terwyl hierdie kosbare vrou genesing ontvang het, daar 'n man twee blokke verder en vier rye agtertoe gesit het wat ook genesing nodig gehad het. Hy het nie sy hand opgesteek toe ek genoem het van God se begeerte om regterheupe te genees nie. Terwyl hy daar gesit en kyk het hoe hierdie dame genesing ontvang, het God voortgegaan en sy heup ook genees! Hy het gevoel dat iets in sy heuparea gebeur en toe hy ondersoek instel, ontdek hy dat hy ook volkome genesing ontvang het … alhoewel hy geen spesifieke gebed gevra of ontvang het nie!

Hierdie verhaal dien as illustrasie van 'n kragtige waarheid — God is gewillig om te genees. Hy is so gewillig dat wat Hy vir een persoon doen wat hul hand opsteek en staan om genesing te ontvang, Hy ook sal doen vir iemand wat dit nie doen nie. Daardie aand het God se begeerte om te genees tot by 'n soortgelyke behoefte gevloei.

Matteus 8:1–2 sê: “Jesus het afgekom van die berg af, en 'n groot menigte mense het saam met Hom gegaan. 'n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sê: 'Here, as U wil, kan U my gesond maak.'" Baie onder ons kan ons maklik met daardie melaatse vereenselwig. Ons het genesing nodig. Ons weet dat Jesus die bron van genesing is. Ons is oortuig daarvan dat Hy in staat is om te genees. Net soos die melaatse, is daar nog net een probleem om op te los. Is Jesus gewillig om te genees?

Dink aan Jesus se reaksie op die melaatse se stelling: “Ek wil. Word gesond!” (Matteus 8:3).

Jesus verander nie (Hebreërs 13:8). Hy is die volkome openbaring van God se geaardheid (Johannes 14:9; Kolossense 1:15; Hebreërs 1:3). Kan jy aan 'n enkele persoon dink wat na Jesus gekom het vir fisieke, geestelike of emosionele genesing wat dit nie ontvang het nie? Jesus het vir ons geestelike, emosionele en fisieke genesing voorsien deur sy versoeningswerk aan die kruis (Jesaja 53:3-5).

Nie almal vir wie ek bid, ontvang genesing nie. Ek weet nie hoekom nie. Ek het dit egter gesien — hoe meer ek glo dat God gewillig is om te genees, hoe meer genesing sien ek. Daar is 'n direkte verband tussen ons vertroue in God se bereidwilligheid om te genees en die openbaring van sy genesende krag.

Is jy bereid om Jesus vandag te hoor sê wat Hy 2000 jaar gelede vir die melaatse gesê het? Is jy bereid om toe te laat dat sy kragtige stem die grense van jou eie verwagtinge op hierdie gebied sal toets? Is jy bereid om toe te laat dat Jesus se gesag soos Hy in die Skrif gesê het, die standpunt vorm vanwaar jou teleurstellings van die verlede op hierdie gebied moet verander?

Is dit moontlik dat God gewilliger is om te genees as wat jy voorheen besef het? Vra vir Jesus om vandag met jou te praat. Neem 'n oomblik om te luister en te reageer. Hy is gewillig.

Ons kan nie ons geloof méér uitoefen as wat ons glo moontlik is nie.
~ John G. Lake

Memoriseervers

"Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom" Jesaja 53:4–5.

Aangaande hierdie leesplan

20/20: God's Vision For My Life

God wil hê dat elkeen van ons gered, genees, vrygemaak, 'n dissipel, toegerus, bemagtig en dienende moet wees. Kom saam met ons op 'n sewe weke toewydingsreis wat jou sal help om hierdie gebiede in jou eie lewe uit te leef. Ons hoop is dat jy die volle omvang van God se visie vir jou lewe sal ontdek en vervul.

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com