20/20: God se Visie Vir My LeweVoorbeeld

Wie Is Jy?
Deur Allan Kelsey
"Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas." 2 Timoteus 1:6
Ek het altyd 'n liefdesverhouding met water gehad. My ma het 'n foto van my waar ek met 'n doek aan op die strand in die rigting van die water kruip … nog voordat ek kon loop! Ek het op 'n jong ouderdom geleer hoe om te swem want swem het baie natuurlik vir my gekom. Namate ek gegroei het, het ek meer en meer tyd in die swembad deurgebring met swemafrigters en ek het met tyd en oefening beter en vinniger geword. In my tienerjare het my afrigter my eendag eenkant toe geroep en gesê: "Allan, jy het die vermoë om 'n swemmer van wêreldgehalte te wees, en om in die top-20 in die wêreld te wees. Die vrae wat jy moet beantwoord, is: 'Sal jy dit glo? En sal jy iets daaraan doen?'”
Ek het hom geglo, en ek het gekies om iets daaraan te doen. Ek het met groter fokus meer gereeld begin oefen. Ek het nog harder probeer om 'n meer mededingende swemmer te word. Ten spyte van al my pogings, het my tye nie verbeter nie. Daarom het ek die saak met my afrigter bespreek en hy het my aangeraai om 'n volledige fisieke assessering te kry om die optimale oefenprogram vir my te bepaal.
Twee weke later het ek 'n volle dag by die opleidingskompleks van 'n sportgeneesheer deurgebring. Hulle het my vol gate gesteek en ek moes op 'n trapmeul hardloop, en 'n volledige ondersoek is gedoen. Hulle het my longkapasiteit, my bloed, my VO2 (die maksimun suurstof verbruik in 10 min terwyl ek op die trapmeul hardloop) en meer getoets. Aan die einde van die dag het ek uitgeput op hul ondersoektafel gelê terwyl die toetse afgerond is. Toe vra die dokter my om vir 'n laaste toets op my maag te draai. Hy het na die kas gegaan en met 'n naald, die lengte van 'n potlood, teruggekeer en dit in my spier ingedruk. Ek het van verbasing en pyn geskree, net om te hoor dat die prosedure nou halfpad voltooi is. Hy moes nou die naald verwyder en hopelik 'n monster van my spier in die naald kry vir ontleding. Tot my groot dankbaarheid het hy van my spierweefsel suksesvol verwyder en dit was nie nodig om weer te probeer nie.
Die dokter het my meegedeel dat spiere uit vinnig- en stadig-trekkende weefsels bestaan, en om te weet watter soort ek het, sal my wys hoe om my ideale prestasie te bereik. Uit die toetse het dit geblyk dat ek vinnig-trekkende spierweefsel het, wat beteken dat ek vinnig oor kort afstande kon swem. Ek is nie gemaak vir langafstande nie; stadige-trekkende spierweefsel vaar beter daarmee. Met hierdie nuwe inligting het ek saam met my dokter en afrigter gewerk om my oefensessies te herskep. Hierdie keer het ons in ag geneem hoe God my gemaak en toegerus het.
Binne 'n maand nadat hierdie nuwe oefensessies geïmplementeer is, het my tye begin afneem en het ek tweede of derde plekke in kompetisies begin behaal. Kort daarna het ek kompetisies begin wen, en nie te lank daarna nie, het ek gereeld gewen. Ek was verbaas oor die uitslae, veral omdat ek nie harder as voorheen geoefen het nie!
Dit blyk dat wanneer ek aandag gee aan wie ek is en hoe God my gemaak het, dit 'n geweldige invloed het op wat ek kan bereik. Deur toe te laat dat hoe ek deur God toegerus is 'n impak kon hê op wat ek doen, kon ek dit geniet om as 'n swemmer van wêreldgehalte op te tree.
Ek glo dieselfde geld vir almal. Jou doeltreffendste bydrae kom nie deur "harder te probeer" nie, dit kom eerder deur in pas te kom met wat God jou toegerus het om te doen en om jou pogings daarop te fokus. Ek het hard probeer om 'n afgeronde swemmer te wees, maar hoe hard ek ook al gewerk het, ek was op my beste middelmatig. Ek moes op my sterkpunte fokus.
Jakobus 2: 14–17 sê: “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: 'Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,' maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.” Dit lyk baie duidelik vanuit God se perspektief dat dit vir my nodig is om iets te doen met wat ek glo. Maar wat?
Jou identiteit — wie God jou gemaak het en die gawes wat Hy in jou binneste geplaas het — dui op jou bestemming. Wie jy is en waaruit jy bestaan, is sterk leidrade na die spesifieke terreine waar jy die grootste bydrae kan lewer. Dit was waar vir my. Toe ek ontdek waar my goddelike talente is — hoe Hy my gemaak het — en daarop begin fokus, het my effektiwiteit en produktiwiteit die hoogte in geskiet! Omdat ek die talente wat God my gegee het gebruik het, het Hy my toegelaat om 'n beurs te ontvang wat my van my vaderland Suid-Afrika na die Verenigde State gelei het, waar ek nou sy doel vir my lewe uitleef.
Ek dink dit is duidelik dat God jou sterkpunte en eienskappe doelgerig in jou ingebou het om jou grootste bydraes in die lewe te lewer. Om hulle te ontdek en daarop te reageer, bemagtig jou en rus jou toe om 'n merkwaardige en heeltemal unieke impak op die wêreld rondom jou te laat. Dit begin met die ontdekking van hoe God jou gemaak en toegerus het.
Baksteen vir baksteen, skep God 'n koninkryk, 'n "geestelike tempel" (1 Petrus 2: 5) in jou lewe. Hy het 'n belangrike taak in die projek aan jou toevertrou. Ondersoek jou gereedskap en vind dit. Jou vermoë onthul jou bestemming.
~ Max Lucado
Memoriseervers
"En dít is die 'gawes' wat Hy 'gegee het': apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus" Efesiërs 4:11-13.
Aangaande hierdie leesplan

God wil hê dat elkeen van ons gered, genees, vrygemaak, 'n dissipel, toegerus, bemagtig en dienende moet wees. Kom saam met ons op 'n sewe weke toewydingsreis wat jou sal help om hierdie gebiede in jou eie lewe uit te leef. Ons hoop is dat jy die volle omvang van God se visie vir jou lewe sal ontdek en vervul.
More
Verwante Leesplanne

Om op God te Wag

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Die krag van ’n biddende vrou

Die deur is toe; wat nou?

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

Groei in geloof

7 Lewensbesluite vir geestelike krag

Die sin van die lewe
