20/20: God se Visie Vir My LeweVoorbeeld

In Liefde Gewortel
Deur Angie Schuller Wyatt
" ... dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God." Efesiërs 3:17–19
Het jy al ooit vasgevang gevoel oor die wonde van jou verlede? Jy wil glo dat jou geloof in God jou sal deurdra, maar jou omstandighede laat jou nie met veel hoop nie. As jou situasie dan nie beter word nie, weerhou jou negatiewe gevoelens jou daarvan om die persoon te word waarvoor Jesus jou verlos het. Die realiteit is, net God kan jou vrymaak.
Ek weet, ek was ook daar.
Vir my was dit die egskeiding van my ouers. Voor dit gebeur het, was ek en my pa beste vriende. Die egskeiding het egter alles verander. Die beskuldigings wat rondgevlieg het, het my seergemaak. Ek was kwaad toe hy weer getrou het. Ek het so verlate gevoel.
In my gedagtes was my pa die slegte ou. Die waarheid is dat hy 'n baie goeie pa was. Ek was egter so seergemaak dat ek nie in staat was om verby my eie pyn te sien nie. Ek het aan wrewel vasgehou soos aan 'n trooskombers. Dit het my geregverdig laat voel in my onvergewensgesindheid.
Op universiteit het ek 'n baie oortuigende preek gehoor oor vergifnis. Daarna het ek my pa gevra om my te vergewe. Sy eenvoudige antwoord was: "Ek vergewe jou," maar dit het op daardie oomblik soos 'n klap in die gesig gevoel. Op daardie oomblik het ek besef dat ek hom nie werklik vergewe het nie. In der waarheid wou ek gehad het dat hy vir my om verskoning moes vra. Toe hy my nie vra vir my vergifnis nie, het ek selfs meer bitter en gegrief gevoel.
Met die verloop van tyd het ek weer 'n goeie preek oor vergifnis gehoor. Hierdie keer was ek vasbeslote om te vergewe. Ek wou 'n goeie Christen wees en het gekies om hom te vergewe omdat dit die "regte ding was om te doen.”
Ek het begin om al my vriende te vertel dat ek my pa vergewe het. Die waarheid was, hier diep binne, was ek nog steeds gegrief. Ek wou nie by hom wees nie, bang dat ons sou baklei. Ons onbenullige onderonsies het my laat voel dat hy my verwerp en my verkeerd verstaan. Dit het in 'n nare kringloop ontwikkel van besluit om te vergewe, seerkry, slegpraat van my pa en dan weer van voor af probeer vergewe.
Ek het moeg geword vir hierdie emosionele wipplank ryery. Ek woublywende vryheid hê. Ek het begin wonder of ek werklik met opregtheid kon vergewe. Kon ek werklik vrygemaak word van my pyn en wrok?
Terwyl ek eendag my Bybel gelees het, het ek begin nadink oor Efesiërs 3:17–19:
" ... dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God."
Terwyl ek die Skrifgedeelte gelees het, het ek 'n visioen van 'n boom gehad met groot wortels wat diep in die aarde geplant was. Dit was toe dat ek besef het ek was daardie boom — gevul met die krag van God se liefde. God het met my deur hierdie visioen gepraat en ek het begin verstaan dat sy liefde my deur enige konflik sal deurdra. Dit was nie meer nodig om in emosionele onrus te leef nie. Ek kon God met my hele hart vertrou. Onmiddellik was ek vry. Ek het nie langer vasgesit nie. Alles het verander.
God se liefde het wrewel en woede uit my siel verwyder en ek het uiteindelik begin leef soos die mens wat ek geskape en verlos is om te wees. Hoe langer ek "gewortel en gegrond" in liefde gebly het, hoe makliker kon ek met my pa gesels.
Om die waarheid te sê, ek het ontdek dat ek eintlik baie van hom hou. Ons het saam gaan visvang en lang ente gaan stap. Ons het opregte gesprekke gevoer, en het saam gebid. Wanneer hy wel iets gesê het wat my gevoelens seergemaak het, het ek net aan daardie boom gedink. Ek het sy woorde deur my takke laat gaan. Ek was gewortel en gegrond in God se liefde. Met sy liefde is enigiets moontlik.
'n Paar jaar later het my pa my voorgestel aan die man met wie ek uiteindelik sou trou. Ek het altyd gedink dit is 'n baie mooi illustrasie van God se verlossende liefde. In die eerste jare van my lewe het die verhouding met my pa my baie pyn gebring. Toe, deur God se liefde, het my pa my voorgestel aan my man en die verhouding gee my die grootste vreugde.
As ek sukkel is dit nie as gevolg van wat ek deurgemaak het nie. Dit is as gevolg van wat ek geglo het toe ek dit deurgemaak het. God genees my, nie deur my verlede te verander nie, maar deur waarheid te openbaar en leuens te verdring."
~ Alan Smith
Memoriseervers
“"Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid" 2 Korintiërs 3:17.
Aangaande hierdie leesplan

God wil hê dat elkeen van ons gered, genees, vrygemaak, 'n dissipel, toegerus, bemagtig en dienende moet wees. Kom saam met ons op 'n sewe weke toewydingsreis wat jou sal help om hierdie gebiede in jou eie lewe uit te leef. Ons hoop is dat jy die volle omvang van God se visie vir jou lewe sal ontdek en vervul.
More