Leesplan inligting

Begin 'n Verhouding met JesusVoorbeeld

Beginning A Relationship With Jesus

DAG 7 VAN 7

"Wat Nou?"




Om 'n Christen te wees is om "in Jesus" te wees. Eenvoudig gestel beteken dit dat jy nou in Hom "woon" en in Hom "bly". Wat beteken dit? Dit beteken jy wil graag jou verhouding met Hom laat groei; dus bring jy jou hart, siel, verstand en krag ten volle in die verhouding in (Markus 12:30; Lukas 10:27).




Hier volg vyf maniere waarop ons "in verhouding" met Jesus Christus kan bly:




In verhouding met ander Christene




Die kerk is mense wat in 'n verhouding met Jesus getree het en sodoende deur Hom vergewe is. Hulle wil graag vir Jesus leef. Jou verhouding met Jesus sal groei as jy 'n kerk bywoon. Dit is in die kerk, saam met ander gelowiges, waar ons leer, groei, vrae vra, dien, die waarheid soek en God saam aanbid.




Met God se leiding en deur die lees en bestudering van die Bybel




Soos jy in jou verhouding met Jesus Christus groei, sal jy meer omtrent die Bybel leer. Die Bybel is die Woord van God en dit is een van die belangrikste maniere waarop Hy Homself en sy begeertes en plan vir ons openbaar. Hoe beter jy die Bybel ken, hoe beter sal jy vir God leer ken.




In gesprek met God deur gebed




Die doel van gebed is dieselfde as die doel van enige doelbewuste gesprek: om nader aan mekaar te kom in 'n betekenisvolle verhouding. Dit beteken dat gebed 'n wye verskeidenheid onderwerpe dek. Gebed behels idees deel, luister, vrae vra, om hulp vra, jouself verduidelik sodat die ander persoon jou kan verstaan, om te erken dat jy verkeerd was en om verskoning te vra, om dankie te sê of om net mekaar se teenwoordigheid te geniet.




Tot aksie oorgaan deur te dien




Jy kan dien deur om te gee, om na mense uit te reik en om God se liefde aan ander oor te dra. Dit is alles maniere wat jou sal help om te groei in jou verhouding met Jesus. Hoekom? Want dit is wat Jesus gedoen het. Jesus sê: “Die Seun van die Mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien ...” (Markus 10:45).




Wys jou liefde vir God deur aanbidding




Aanbidding is ons doelbewuste bewys van waardering, dankbaarheid en verwondering aan God. Jy kan God alleen aanbid, of saam met 'n groot groep mense. Dit kan in 'n kerkgebou of in die veld wees. Aanbidding is jou unieke en opregte uitdrukking van eer aan God.




Indien jy hierdie leesplan geniet het en 'n kans wil staan om die volledige boek te wen, besoek die webblad, hier


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Beginning A Relationship With Jesus

Begin jy met 'n nuwe geloof in Jesus Christus? Wil jy meer weet omtrent Christenskap, maar is nie seker wat – of hoe – om te vra nie? Begin dan hier. Geneem uit die boek "Start Here" deur David Dwight en Nicole Unice.

Ons wil graag vir David Dwight, Nicole Unice en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/start_here/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid