Leesplan inligting

Begin 'n Verhouding met JesusVoorbeeld

Beginning A Relationship With Jesus

DAG 6 VAN 7

"Wie is God?"




As 'n nuwe volgeling van God, is dit belangrik dat jy 'n paar begrippe goed verstaan. Kom ons kyk eers na vier karaktertrekke van God:




God is vir ewig




God gebruik elke woord wat daar is om Homself buite ons tydgebonde wêreld te beskryf: vir ewig, vir altyd, is, was en sal wees. God is vir ewig. Vir ewig beteken nie 'n baie, baie lang tyd nie. Dit beteken “tydloos.” Dit beteken “buite die dimensie van tyd.”




God is 'n God van verhoudinge




Die Bybel leer ons menigmaal dat God drie persone is wat in harmonie met mekaar bestaan. Dit word die Drie-eenheid genoem. In plaas daarvan om net een Goddelike figuur te wees, is Hy God die Vader, God die Seun (Jesus Christus) en God die Heilige Gees. Hulle is drie afsonderlike persone, maar Hulle bestaan en werk in perfekte eenheid met mekaar.




God is perfek




God het nie foute nie en dus nie nodig dat Hy verbeter nie. Hy het nie tekortkominge nie – nie wat karakter, reinheid, kennis, krag of vermoë betref nie. In teenstelling met ons, is God moreel perfek. Die Bybel sê: “God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie” (1 Johannes 1:5).




God is "al"




God is alomteenwoordig, Hy is almagtig, en Hy is alwetend. Hierdie woorde (in hierdie volgorde) beteken dat God "oral teenwoordig" is, dat Hy "alles kan doen" en dat Hy "alles weet". Hy kan gelyktydig oral wees. Hy beheer alles en Hy weet alles.




Hoekom is dit nodig dat ons dit weet?




Deur God se ewigheid te verstaan kry ek hoop. Aangesien ek weet dat Hy 'n God van verhoudings is, kan ek met Hom 'n gesprek voer. Aangesien ek weet dat God perfek is, al verstaan ek dit nie, kan ek Hom vertrou. Aangesien ek weet dat Hy alles is, weet ek ook dat Hy al die mag het, dat Hy ons nie alleen sal laat nie en dat alles wat boos is oorkom sal word.




Dus, wie is God? Hy is die een wat jou gemaak het. Hy is die een wat jou liefhet, meer as wat jy ooit kan besef. Hy is die een wat sy Seun, sy enigste Seun, Jesus Christus, aan die dood afgegee het, sodat Hy in 'n ewige verhouding met jou kon tree.




As ons God ken verander ons siening oor mense – ons sien hulle as ewige siele en nie net tydelike liggame nie.




As ons God ken, verander dit die manier waarop ons moeilikhede hanteer. As ons God ken, hoef ons nooit te voel dat ons lewe buite beheer is nie.
As ons God ken, is ons nederig en doelgerig. As ons God ken, maak die lewe vir ons sin.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Beginning A Relationship With Jesus

Begin jy met 'n nuwe geloof in Jesus Christus? Wil jy meer weet omtrent Christenskap, maar is nie seker wat – of hoe – om te vra nie? Begin dan hier. Geneem uit die boek "Start Here" deur David Dwight en Nicole Unice.

Ons wil graag vir David Dwight, Nicole Unice en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/start_here/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid