Leesplan inligting

Begin 'n Verhouding met JesusVoorbeeld

Beginning A Relationship With Jesus

DAG 2 VAN 7

"Vrae"




Mense wat 'n gawe het in die kuns van verhoudinge, is dikwels mense wat die beste vrae vra. Dis hier waar God meesterlik is.




Kyk 'n bietjie na van God se mees diepgaande vrae:




Waar is jy? (Genesis 3:8-9)




Reg aan die begin van die Bybel demonstreer God hierdie faset van sy karakter deur sy verhouding met Adam en Eva – 'n vertrouenswaardige, deursigtige, daaglikse verhouding.




In Genesis 3 lees ons van Adam en Eva wat gekies het om weg te draai van God en 'n lewe te leef apart van Hom. Toe die verhouding verbreek is het God na Adam en Eva kom soek. Hy het nie gekom om hulle te straf of in die skande te bring nie, maar om die verhouding te herstel.




Wanneer jy aanvoel dat God in jou lewe werk, is jy ook 'n persoon wat Hy uitkies sodat jy Hom mag leer ken en in 'n verhouding met Hom kan leef.




Wat wil jy hê? (Johannes 1:35-39)




In Johannes 1 vra Jesus 'n paar nuuskierige mans 'n vraag, soos God se vraag. Hy vra hulle, “Wat wil julle hê?” (Johannes 1:38).




Die mans vermy die vraag en verander die onderwerp deur Jesus te vra: "Waar woon U?" Sonder om hulle 'n adres te gee, het Hy net gesê: " Kom ... en sien" (Johannes 1:39). Eerder as om 'n antwoord te gee, gee Hy 'n uitnodiging.




Dikwels sê baie van ons vir God: "Ek wil iets van U hê." Terwyl God sê: "Ek wil saam met jou wees.”

Wie sê jy is Ek? (Matteus 16:13-15)




Dit is waar Christenskap begin. Jou antwoord op daardie vraag is jou begin, want dit is waar jy helderheid kry oor jou denke van Jesus. Wat Jesus sê oor Homself, is gelukkig aangeteken in die Bybel, insluitend Johannes 10:36, Johannes 11:25, Johannes 10:11 en Johannes 8:58.




Hierdie is slegs 'n paar van Jesus se verklarings – hoe Hy die vraag oor sy identiteit sou beantwoord. Jesus stop nie hier nie; Hy maak dit nog meer persoonlik.




Glo jy dit? (Johannes 11:25-26)




Jesus maak altyd dinge persoonlik. Hy sê vir sy dissipels, “Maar wat van julle – wie sê julle is Ek?” en Hy het vir Martha in Johannes 11:25-26 gevra, “Glo jy dit?”




Jesus vra dieselfde vrae aan ons ook en om dit te antwoord is deel daarvan om in 'n verhouding met God te wees, of om God en die waarheid te vind. Om die waarheid te vind, is om 'n verhouding met Jesus Christus te begin.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Beginning A Relationship With Jesus

Begin jy met 'n nuwe geloof in Jesus Christus? Wil jy meer weet omtrent Christenskap, maar is nie seker wat – of hoe – om te vra nie? Begin dan hier. Geneem uit die boek "Start Here" deur David Dwight en Nicole Unice.

Ons wil graag vir David Dwight, Nicole Unice en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/start_here/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid