Begin 'n Verhouding met Jesus

Dag 1 van 7 • Vandag se leesstuk

Bybeldagboek

"Reëls teenoor Verhouding"

As jy 'n vinnig soektog doen na die definisie van Christenskap, sal jy heel moontlik iets soos "volg die leringe van Jesus" vind. En dit is waar - Christenskap behels die volg van Jesus se leringe. Die probleem is meeste mense draai die idee van "volg Jesus" na "volg reëls" - en dit is nie die punt nie.

Die storie van die Bybel maak dit duidelik dat die punt daarvan om Jesus te ken, is 'n verhouding en nie reëls nie. Soos jy begin om te ontdek wat God ons vertel omtrent Homself deur die Bybel, sal jy vind dat dit die belangrikste is om 'n liefdevolle, toegewyde verhouding met Hom te hê.

So om te sê dat die hoof idee van Christenskap is om lering punte te volg, dieselfde is as om te sê die hoofdoel van 'n huwelik is om huishoudelike rekeninge te deel. Nie presies waarvoor ons hoop in 'n groot liefdesstorie nie!

Die perspeksie van reëls teenoor verhouding is 'n groot verdeling wat Christenskap van ander gelowe onderskei. Waar die meeste gelowe leer dat dit die beste weg is om "goed" te wees deur vereistes pligte en rigiede oortuigings, begin Christenskap vanuit 'n heel ander plek.

Vanaf die vroegste tye was Jesus se volgelinge nie bekend daarvoor dat hulle "wees goed" reëls gevolg het nie. Wat uitstaan —die ding wat die moeite werd is om te noem—was die blote realiteit dat hulle “saam met Jesus was” (Handelinge 4:13). Nie dat hulle Jesus erken het nie, nie dat hulle die gedragssisteem van Jesus gevolg het nie, maar dat hulle "saam" met Hom was.

Om saam met Jesus te wees, was wat hulle transformeer het, van wat die Bybel noem "ongeskoolde, gewone mans" na moedige en dapper leiers. En dit is dieselfde realiteit wat Jesus ons bied wanneer Hy ons nooi om in 'n verhouding "met Hom te wees."