Leesplan inligting

Begin 'n Verhouding met JesusVoorbeeld

Beginning A Relationship With Jesus

DAG 4 VAN 7

"Die Aanbod"




Een van die merkwaardigste aspekte van die Christen geloof is dat 'n verhouding met Jesus altyd 'n vrywillige keuse is. Dit is nooit geforseer nie.




Eenmaal het 'n jongman na Jesus gehardloop en Hom gevra wat hy moet “doen” om die ewige lewe te erf (Markus 10:17–22). Soos Jesus dikwels gedoen het, het Hy die gesprek so gelei dat die man introspeksie kon doen.




Jesus het nie eers vir hierdie toegewyde man 'n vraag gevra nie. Hy het net begin deur die Joodse gebooie uit te lig en die jongman het gesê: "Ja, ja, ek het al daardie volgehou!" Wat volgende gebeur is baie interessant. Markus 10:21 sê: "Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry."




Jesus het gekyk. Hy het nie gepreek nie. Hy het nie 'n vinger gewys nie. In stede daarvan, het Hy direk na die jongman gekyk en sy volle aandag aan hom gegee. Sy hart en gedagtes was gefokus op die man en Hy het hom genooi om in 'n verhouding met Hom te staan.




Jesus het hom liefgekry. Dit was in die kyk wat liefde ontwikkel het. Dit was nie in die jongman se streng onderhouding van die reëls of in die wonderlike dade nie. Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry net omdat hy eerlik was omtrent homself.




Dit is duidelik dat die jongman regtig van die idee van Jesus gehou het en hy wou die regte keuse maak. Toe Jesus 'n verhouding aanbied, het Hy dit gedoen met die oog op 'n toegewyde verbintenis. "... gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My" (Matteus 19:21).




Toe Jesus na die man gekyk en hom liefgekry het, het Hy presies geweet wat om hom te vra sodat sy ware hart openbaar word. Deur die kwessie van sy besittings op te haal, het Jesus die kern van die saak vir hierdie spesifieke individu aangeraak.




Jesus het na hom gekyk, hom liefgekry en hom voor 'n keuse gestel van 'n verhouding met Homself. Tog het die jongman weggestap. Dit is die wonder van God. God het al die mag in 'n verhouding met elkeen van ons, maar verrassend genoeg gee Hy ons die vryheid om ja of nee te sê vir Hom.




Soms sê mense: "As God wil hê almal van ons moet in 'n verhouding met Hom staan, hoekom het hy ons nie so geprogrammeer van die begin af nie?" Liefde kan nie vooraf geprogrammeer word nie. As ons geforseer moes word om ja te sê vir Jesus en om Christene te word, sal dit teen die grein van God se karakter en die sentrale tema van Christenskap ingaan – hoofsaaklik omdat Jesus se aanbod van liefde, die suiwerste vorm van liefde is.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Beginning A Relationship With Jesus

Begin jy met 'n nuwe geloof in Jesus Christus? Wil jy meer weet omtrent Christenskap, maar is nie seker wat – of hoe – om te vra nie? Begin dan hier. Geneem uit die boek "Start Here" deur David Dwight en Nicole Unice.

Ons wil graag vir David Dwight, Nicole Unice en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/start_here/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid