Daar Staan GeskryweVoorbeeld

Vul jou Huis met die Woord
deur Robert Morris
Ek was nie altyd passievol oor die Woord van God nie, maar weet jy hoekom ek daarna begin smag het? Nadat ek tot bekering gekom het, het ek saam met James Robison begin reis en jeugdienste gelei. Hy het begin preek oor demoniese geeste en ek het vir hom gesê dat ek nie verstaan waarvan hy praat nie. Hy sê toe: "Hoekom kom jy en Debbie nie na my huis toe nie, dan maak ons tuisgemaakte roomys en delf in die Woord? Ons het een aand soontoe gegaan en James het Psalm 74:3 gelees: "Kom loop tog deur die plek wat so lank al in puin lê, die heiligdom wat die vyand so totaal verwoes het." Dis hoe die gesprek toe verder verloop het: Hy: "Wie is die vyand?" Ek: "Die Satan." Hy: "Waar sê dit dat hy is?" Ek: "Die heiligdom." Hy: "Wys met jou vinger na die heiligdom." Ek: "Wag 'n bietjie, sê jy dat ek duiwels het?" Hy: "Ai, Robert, jy het baie." Ek was geskok. Ek wou hulle uitdryf, maar hy sê toe: "Nee, hou net aan om die Woord te lees. Ons moet ons huise met die Woord van God vul."
Destyds het dit nie vir my sin gemaak nie, want ek is geleer dat Christene nie slawe van duiwels kon wees nie. Dis egter nie wat die Skrif sê nie. Dit sê vir ons dat dit vir 'n Christen moontlik is om 'n hele klomp duiwels te hê. Agter wie dink jy is die duiwels aan? Hulle rig nie hulle visier op die wêreld nie, want die wêreld is alreeds aan hulle kant. Indien hulle egter die kerk in slawerny hou, kan hulle die kerk daarvan weerhou om Jesus aan die wêreld voor te stel.
In Matteus 12:43-45 sê Jesus: "Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na 'n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so 'n mens slegter daaraan toe as aan die begin. So sal dit ook gaan met die slegte mense van vandag." Die sleutelwoord in vers 44 is "onbewoon". Jy sien, as die gees van wellus, trots en onsekerheid, of enige ander duiwel uitgedryf is, sal dit terugkom met ander. Jou huis mag skoon en aan die kant wees, maar as dit onbewoon is, kan die duiwels erger terugkom as voorheen.
Dis hoekom ek vir James gesê het: "Kom ons dryf hulle uit" en hy my help besef het dat ek onder 'n juk was. Hy het ook gesê: "Vul eers jou huis met die Woord van God sodat wanneer hulle weggaan, hulle kan weg bly." Indien jy gered is, maar nog sonde en slawerny in jou lewe het, is die beste ding om te doen om die Woord te lees.
Gebed
Vader, dankie dat u Woord beskerming bied teen die slawerny van die vyand. Help my om myself met u Woord te vul, sodat die vyand sal misluk as hy na my toe kom. In die Naam van Jesus. Amen.
Geheuevers
"Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp" Psalm 28:7.
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul wat die Woord is — asem, brood, water, 'n swaard en 'n lamp — en hoe om dit in jou lewe toe te pas. Terwyl jy lees, sal jy geïnspireer word om nader aan God te kom en sy Woord daagliks in jou hart te bêre.
More
Verwante Leesplanne

Om op God te Wag

Die wil van God

Beter As Normaal

Leer Ken God op 'n Nuwe Manier

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?

My Saligmaker Leef

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)
