Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 17 VAN 31

Gereed vir die Geveg

deur Marcus Brecheen

Wanneer die Skrif na 'n swaard verwys, kan dit een van twee dinge wees. Die eerste swaard is die prentjie wat ons sien as ons aan koning Arthur dink. Dis groot en 'n mens moet dit heel moontlik met twee hande optel. In die Bybel is Jesus die enigste een wat hierdie soort swaard dra. Die ander swaard is die een waarvan Paulus in Efesiërs 6:17 praat. Hy sê: "Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God." Die woord wat Paulus hier vir swaard gebruik, is nie dieselfde as die groot swaard waarvan ek gepraat het nie. Dis meer soos 'n dolk. Dis tussen 15 en 45 sentimeter lank en dis vlymskerp aan beide kante. Wat die meeste mense nie weet nie, is dat elke soldaat in die weermag van destyds, een gedra het. Wat hierdie klein wapen so vreesaanjaend gemaak het, is dat dit soos 'n sekel gevorm was of met iets soos 'n kurktrekker op die punt. Dit was spesifiek ontwerp om ernstige skade aan te rig. 'n Geveg met hierdie wapen sou nie lank duur nie en dit sou nie 'n mooi gesig wees nie.

Dis presies hoekom die Heilige Gees hierdie swaard gekies het om te beskryf hoe die Woord van God in jou hand lyk. Vir die vyand van jou siel is dit 'n vreesaanjaende wapen. Jesaja 55:11 sê: "So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het."

Kom ek vra vir jou dié vraag: is jou swaard gereed? Wanneer die Woord van God gebruik en reg aangewend word, begin dinge gebeur. Oor die volgende paar dae gaan ons gesels oor hoe om dit te doen. Kom ek sê vir jou: hierdie swaard sal die duiwel verlam, maak dus seker dat jy elke dag daarmee bewapen is.

Gebed

Vader, dankie dat u Woord 'n vreesaanjaende wapen vir die vyand is. Dankie dat u Woord effektief is. Maak my 'n vaardige wapendraer van u Woord as ek myself elke dag daarmee bewapen. In die Naam van Jesus. Amen.

Geheuevers

"Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp" Psalm 28:7. 

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul wat die Woord is — asem, brood, water, 'n swaard en 'n lamp — en hoe om dit in jou lewe toe te pas. Terwyl jy lees, sal jy geïnspireer word om nader aan God te kom en sy Woord daagliks in jou hart te bêre.

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com