Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 6: Die Pasga
Die verhaal van die Pasga waarmee Israel sy uittog uit Egipte en slawerny begin, is in baie opsigte die sentrale verhaal van die Ou Testament. Dit is bedoel om diepgaande dinge aan God se volk te sê. Aan die een kant is dit 'n herinnering aan ons dat, indien God nie ingryp en ons beskerm nie, ons in dieselfde bootjie as al die ander mense is: opstandige skepsels van God wat onder sy oordeel en veroordeling staan. Dit sal altyd deel wees van ons identiteit as mense en daarsonder kan ons nooit nederig wees voor God en ander mense nie.
Aan die ander kant is dit 'n herinnering dat vertroue die belangrikste vereiste is wat God van ons vra. Hy wil hê dat ons sal vertrou dat Hy genadig is en vir ons sorg. Hy wil hê ons moet vertrou dat Hy begeer om ons te red en nie te veroordeel nie. Dit is hoekom Hy mens geword het in die persoon van Jesus. Hy verwag dat ons sal wys dat ons Hom vertrou deur gehoorsaam te wees — hetsy deur bloed aan ons deurkosyne te smeer en die Pasga maaltyd te eet soos in die geval van die Israeliete, of deur Jesus se dood te gedenk tydens die nagmaal — sy dood wat ons gered het en voorsiening maak dat ons nou lewens van vergifnis en vrygewigheid kan lei. Word jou lewe gekenmerk deur hierdie tipe nederigheid en vertroue? Indien nie, hoekom nie?
Gebed
Here Jesus, gee dat ek die behoefte aan u genade intens mag aanvoel en mag ek u voorsiening beleef. Laat nederigheid en gehoorsaamheid kennelik teenwoordig wees in my lewe. In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.