Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 5: Die Leeu
Op sy sterfbed roep Jakob sy twaalf kinders sodat hy vir hulle kan vertel wat met hulle nageslagte sal gebeur, hetsy voorspoed of teëspoed. Vir party sou die toekoms baie geweld en hartseer inhou. Maar vir ander sou die toekoms oorwinning en welstand inhou.
Juda, Jakob se vierde seun, sou altyd 'n heerser wees en aanhou regeer. Sy broers sou hom eer (Genesis 49:8: “dit is jy vir wie jou broers sal eer”) en hy sou huldeblyke ontvang van al die volke (vers 10: “die heerser aan wie die volke hulle sal onderwerp”). Sy regering sou aanhou en nooit uitgedaag word nie (vers 10: “Jy sal altyd heers, jy sal aanhou regeer”) en 'n tyd van geweldige oorvloed sou vir hom voorlê. Omdat wingerde baie aandag en versorging nodig het, was wyn 'n luukse vir nomadiese stamme in die antieke wêreld. Nogtans, tydens Juda se regering sou daar só 'n oorvloed van wingerde wees dat iemand sy donkie aan 'n wingerdstok sou kon vasmaak sonder om te vrees dat dit beskadig sou word. Mense sou ook hulle klere in wyn kon was sonder om bekommerd te wees dat die voorraad sou opraak. Hulle sou soveel kon drink dat hulle oë die kleur van die wyn sou aanneem (verse 11-12). Juda se regering sou inderdaad ’n glorieryke een wees. Dit is dus geen wonder dat Juda 'n leeu genoem word nie (vers 9).
In Openbaring 5 het Johannes 'n visioen van die Leeu van Juda op die troon, en tog is die visioen in ooreenstemming met 'n Lam wat geslag sou word. Hoekom? Die evangelies wys dit uit aan ons dat Jesus juis sy grootste krag deur swakheid openbaar, sy heerskappy deur diens en sy soewereine regering deur selfopoffering. Met ander woorde, Jesus is verslaan omdat Hy die Leeu was en Hy is op die troon geplaas, omdat Hy die Lam is. In jou oomblikke van gebrokenheid, hartseer en moeilike tye, sien jy dat Jesus Christus gebrokenheid ervaar het sodat jy die oorvloed van sy heerskappy in jou lewe kan ervaar?
Gebed
Here Jesus, ons staan verstom dat U nie regeer deur kragtige dade nie, maar deur u diens; nie deur Uself te verhef nie, maar deur nederigheid; nie deur mag nie, maar deur u opoffering. Help my om te sien dat U die Leeu was wat verslaan is soos 'n lam, sodat ek in my nederigheid u verheffing kan ervaar. In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.