Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 10: Die Koning
Mense het verskillende idees oor Jesus. Die twee mees algemene veronderstellings is miskien dat Hy 'n baie wyse leermeester of 'n baie goeie voorbeeld is. Maar hierdie Skrifgedeelte, wat die meeste aangehaal word in die Nuwe Testament, vertel vir ons van twee rolle wat Jesus vertolk — priester en koning.
Die koning in Psalm 110 is ongeëwenaar in krag en mag. Hy sit aan die regterhand van God in die plek van die hoogste gesag. Hy weet verseker dat Hy sy vyande sal oorwin en Hy regeer oor sy mense op so 'n manier dat hulle Hom vrywillig volg. Hy verdelg konings wat teen Hom opstaan en Hy straf die nasies. Hy is hoog en verhewe en is verseker van 'n oorwinning oor sy vyande.
Toe Jesus uit die dood opgestaan en opgevaar het na die hemel, het God Hom herstel tot sy oorspronklike plek aan sy regterhand. Sy opstanding was beide 'n bevestiging van sy status as die Seun van God en sy inhuldiging as regmatige koning oor sy skepping. Hy het die mag van die sonde en dood oorwin en Hy heers tans as koning. Dit beteken dat Jesus die krag en mag het om ons te beskerm teen alle kwaadwilligheid en boosheid en dat Hy ons totale lojaliteit en getrouheid verdien.
Hierdie Psalm vertel ook vir ons dat Jesus 'n priesterlike koning is. Priesters bring offerandes en gebede namens hulle mense. Jesus is egter 'n permanente priester volgens die orde van Melgisedek, wat groter as al die ander priesters was. Jesus het Homself opgeoffer as 'n perfekte offer vir ons sonde en Hy tree voortdurend vir ons in by die Vader. Hy beklee ons met heilige kledingstukke, sodat ons deur Hom tot God kan nader.
Gebed
Vader, dankie dat U vir Jesus uit die dood opgewek het en Hom laat sit het aan u regterhand, ver bo alle magte en kragte en heerskappye en bo alle name wat daar is, nie net in hierdie tyd nie, maar ook in die tyd wat kom. Help ons om Hom daagliks te vertrou as ons priester en koning. In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.