Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 9: Die Huis
Koning Dawid het begeer om 'n huis te bou vir die ark van die Here nadat hy in sy huis van sederhout ingetrek het. Die woord van God het egter na die profeet Natan gekom en hy moes vir Dawid sê dat, in plaas daarvan om hom toe te laat om 'n tempel te bou, sou die Here die koningshuis van Dawid vestig en "sy koningskap vir altyd laat voortbestaan.”
God beloof natuurlik nie dat Dawid se nageslag sal voortbestaan in die vorm van ’n gedenkteken vir hom nie — dit was die algemene geloof van baie godsdienste dat ons bly voortbestaan in ons nageslag. Hy beloof om sy Seun te laat voortspruit uit die nageslag van Dawid, sy Seun wat ons straf en ongeregtighede sou dra.
Dit is tipies God! Ons bring aan Hom 'n wonderlike plan van hoe ons Hom gaan eer, maar Hy bring 'n alternatiewe plan; een waarin beide koning en onderdaan Hom eer.
Dankie tog dat God ons harte ken en ons planne en gebede verander sodat hulle baie meer is as wat ons ooit kon dink om te vra of te droom. Bid, bid, bid tot jy aan die einde van jou geloof en visioen kom en laat God dan toe om iets baie beters te doen.
Gebed
O Here, U is magtig en getrou. Laat u geregtigheid, goedertierenheid en getrouheid voor ons uitgaan. Laat ons toe om in die lig van u aangesig te wandel en om u Naam heeldag te prys. Herinner ons aan u verbond met Dawid, hoe U u troon gevestig het vir al die geslagte, met die hout van die kruis. In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.