Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 3: Die Duisternis
Genesis 15 bied aan ons een van die merkwaardigste, mees duistere gebeurtenisse in Abraham se lewe.
Vir 'n swerweling sou dit vertroostend, maar ook ietwat moeilik wees om te glo dat die belofte van sy eie land moontlik is. Dit is dus net natuurlik dat Abraham op God se belofte (vers 7): “Ek is die God wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting”, sou reageer met 'n versoek van versekering (vers 8): “Hoe sal ek weet dat ek dit sal besit, Here my God?” Die versoek is nie verrassend nie, maar die teken wat God voorsien, is wel.
Diere word na God gebring, middeldeur gesny en dan voor Hom neergesit. Die skrywer stel dit baie duidelik dat Abram teen sononder nie net aan die slaap geraak het nie, maar dat angs en 'n groot duisternis hom oorweldig het. In die donkerte gaan daar 'n oond wat rook en 'n fakkel wat brand tussen die stukke vleis deur, en die hoofstuk eindig met die stelling: “Op daardie dag het die Here 'n verbond gesluit met Abram" (vers 18a).
Wat gaan hier aan? In die eertydse Nabye Ooste, wanneer twee partye 'n verbond aangegaan het, is dit dikwels bevestig deur 'n offer of 'n dramatisering van wat met die persoon sou gebeur wat nie die verbond gestand doen nie. So het altwee partye te kenne gegee dat hulle gewillig was om die ooreenkoms te hou, al was dit ten koste van hulle lewens — hulle lot sou dieselfde wees as dié van die diere wat geoffer is. In die donkerte het Abraham gesien hoe God (verteenwoordig deur die rokende oond en fakkel) tussen die stukke vleis heen beweeg, alhoewel hyself nie verplig was om dieselfde te doen nie!
Die skrywers van die evangelies het aangeteken dat, toe Jesus gesterf het, daar 'n donkerte oor die aarde gekom het en in daardie oomblik sien ons die offer wat God gemaak het om sy belofte aan ons te hou. Dit is 'n herinnering dat Hy in die graf was om vir ons die ewige lewe te gee. Hy was vir 'n oomblik vervreemd van God, sodat ons 'n ewige tuiste kan hê. Hy het duisternis ervaar, sodat ons in die lig kan lewe. Dit is in der waarheid wat Abraham se vrees verminder het in Genesis 15:1 (“Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou!”). Is dit ook jou vertroosting?
Gebed
Vader, herinner my dat ek u lig kan sien omdat Jesus die duisternis ervaar het; omdat Hy vervreemding ervaar het, kan U my 'n tuiste belowe; omdat Hy die graf ervaar het, het U my die hemel gegee. Help my om nie bang te wees nie, omdat U my skild en groot beloning is. In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.