Leesplan inligting

Vind Bevryding van SpanningVoorbeeld

Finding Freedom From Stress

DAG 5 VAN 5

Verskuif jou fokus.



Spanning hoef nie jou lewensverhaal te bepaal nie. Ons het geleer dat spanning 'n normale deel van die lewe is, maar dat Jesus deur sy ewige vrede, ons kan help om dit geheel en al te oorkom. Hoe kan ons dus van spanning afstand doen en vorentoe beweeg met ons lewens?  



Ons moet ons fokus van ons spanning af na God toe verskuif. Wel, waar moet ons begin? Eerstens: weet dat God oor al jou spanning omgee. Of jy nou gespanne is oor jou eksamen, of 'n ineenstorting beleef oor wat om met jou lewe aan te vang, onthou dat God vir jou omgee en vir jou vrede sal gee. Sy vrede is dalk nie altyd wat jy verwag nie, maar dit is altyd wat jy nodig het. 



Kom ons kyk hoe om ons fokus van ons spanning af te verskuif. 



  1. Aanbid voor jy gereed is. Paulus leer ons in Filippense 4 wat ons moet doen as ons met spanning te doen kry. Hy begin deur te sê dat ons ons altyd in die Here moet verbly. Altyd. Dis hoe: ons aanbid God of ons daarna voel of nie; en ten spyte van ons veranderende emosies, verander God nooit nie. Hy is altyd werd om geprys te word, selfs al is ons omstandighede moeilik. As ons God aanbid, onthou ons wie Hy is en waardeur Hy ons gebring het. Plus, God is groter as ons spanning en bekommernisse. 

  2. Gee jou spanning oor. Ons volgende stap is om te bid en beheer oor te gee. Ons moet ons omstandighede heeltemal oorgee en vertrou dat God vir ons sal sorg. Die Boodskap-weergawe van Filippense 4:6 lui so: "Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel … Jy sal dan verlig en tevrede voel." Dis wat dit beteken om spanning te laat gaan — volledige oorgawe sonder om terug te kyk. 


  3. Stuur jou gedagtes in 'n ander rigting. Dis nie genoeg om net te probeer ophou om gespanne te wees nie. Ons moet dit waaroor ons dink, verander. Paulus skryf dat ons op dit wat rein, eg en mooi is, moet fokus. Op hierdie dinge moet jy fokus, en nie op die dinge waaroor jy gespanne is nie. Onthou om dankbaar te wees vir wat jy het, waardeur God jou gebring het en die wonderlike mense in jou lewe. Laat daardie dankbaarheid toe om jou denke en hart te deurspoel. Laastens: Neem elke gedagte gevange en maak dit aan Christus gehoorsaam. Vervang "Ek is gespanne" met "Ek kan alles doen deur Christus wat my die krag gee." Verpletter die leuens van spanning met die kragtige waarheid van God se Woord. 


As jy 'n gewoonte begin vorm om daardie drie dinge te doen, kan jy God se vrede in elke omstandigheid ervaar. Herken jou spanning, vervang dit met die waarheid, en gee dit vir jou Hemelse Vader, wat vir jou omgee. Jy kan elke dag vrede ervaar; soek dit en laat jou spanning agterweë. 



Praat Daaroor



  • Op watter een van hierdie drie idees moet jy meer dikwels fokus? 

  • Watter leuens vertel spanning dikwels vir jou? Waarmee kan jy daardie leuens vervang? 

  • Besluit hoe jy volgende keer gaan reageer as jy gespanne of oorweldig voel. 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding Freedom From Stress

Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vr...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid