Leesplan inligting

Vind Bevryding van SpanningVoorbeeld

Finding Freedom From Stress

DAG 2 VAN 5

Waarop lê jy klem?


Een van die eerste definisies van die woord "spanning", is "styf getrek", wat 'n baie akkurate beskrywing van die gevoel van spanning is. Jy voel of jy nie kan asemhaal of dink nie — asof jy ingeperk is. 'n Paar jaar later het die woord se betekenis verbreed na iets figuurliks. Die vroegste definisies was "om klem te plaas" of "om druk op iets uit te oefen deur daarop staat te maak". 



Dit slaan weer die spyker op die kop, né? Wanneer ons spanning oor iets ervaar, beklemtoon ons die probleem. Soms is dit in orde, maar ons moet onsself afvra; plaas ons die klem op ons probleme of op God? 



In Matteus 6 stel Jesus ons hieroor voor 'n uitdaging. Hy verduidelik dat ons nie bekommerd hoef te wees oor wat in ons lewens gebeur nie. In plaas daarvan nooi Hy ons om Hom te vertrou. Hy vra dat ons daaroor nadink of ons regtig glo dat Hy 'n goeie Vader is wat vir ons omgee, want as ons regtig glo dat Hy die beste vir ons in gedagte het, sal ons ophou om bekommerd te wees oor wat vir ons voorlê. 



Een besonder treffende ding wat Jesus gesê het, was: " ... maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg" (Matteus 6:33 NLV). 



Jesus weet beter as ons, wat ons op aarde nodig het. Is ons egter nie dalk so vasgevang daarin om 'n wonderlike lewe te lei, dat ons vergeet om op die ewigheid te fokus nie? Ons weet dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie. Maar so dikwels kan ons gemak verafgod. Dit waaroor ons spanning ervaar, wys waarvoor ons omgee. As ons altyd spanning ervaar om die volgende groot ding te bereik, moet ons onsself afvra of ons in lyn met God se koninkryk is of dalk besig is om ons eie een te bou. 



Alhoewel ons ons Godgegewe gawes en talente moet gebruik om 'n verandering op aarde te bring (en daar is niks met ambisie verkeerd nie), moet ons seker maak dat ons prioriteite altyd in die regte volgorde is. Soek eers sy koninkryk, dan sal al hierdie dinge vir jou gegee word. 



Terwyl jy nadink oor jou spanning, vra jouself af waarop jy staatmaak. Waarop plaas jy jou klem? 



Kies om eerste op God te fokus. Kies om te vertrou dat Hy 'n goeie Pa is wat vir jou kan sorg. Soos jou fokus van jouself af na God verskuif, mag jy dalk verstom wees oor hoe gering jou spanning ewe skielik lyk. 



Praat Daaroor



  • Wees eerlik; waarop het jy die laaste ruk die meeste klem gelê?

  • Op watter maniere kan jy begin om jou fokus na God te verskuif en weg van jou spanning af? 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Finding Freedom From Stress

Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vr...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid