Leesplan inligting

Vind Bevryding van SpanningVoorbeeld

Finding Freedom From Stress

DAG 3 VAN 5

Jy het toegang tot volkome vrede.


As jy lank genoeg spanning moes hanteer, sal jy agterkom dat jy dit kan uitstel, dit hanteer en daardeur leef, maar jy kan dit nie op jou eie oorkom nie. Spanning is wanorde in jou denke. Dit reageer op veranderde omstandighede, wat ons bedreigd, bang, bekommerd en angstig laat voel. Al kan ons nie self spanning oorkom nie, het ons toegang tot die teenmiddel: vrede.  



In Jesaja 9 word Jesus as die "Vredevors" beskryf. Jesus was en is die vervulling van vrede. Toe Jesus op aarde was, het Hy sy dissipels belowe dat Hy sy vrede aan hulle sou gee, dit by hulle sou laat, selfs nadat Hy na die hemel teruggaan. Daar is geen vrede sonder Hom nie. Vrede word ook beskryf as 'n vrug van die Heilige Gees, dus is dit klaarblyklik en begryplikerwys baie belangrik. 



Daar is 'n klomp dinge en mense wat beweer dat hulle vrede in ons lewens kan bring: selfsorgtegnieke, artikels oor meditasie, die hou van 'n dagboek, en nog baie meer. En selfs al is daar 'n plek vir al hierdie dinge, is daar geen plaasvervanger vir die ware, volkome vrede wat jy net in God kan vind nie. 



Een van die oorspronklike betekenisse van vrede in die Bybel, kom van die Hebreeuse woord Shalam af. Dit beteken "volledig" of "om heel te wees". Dis g'n wonder dat ons nie op ons eie vrede kan kry nie. Ons is gebroke mense en ons soek nie net 'n oplossing vir ons spanning nie. Eintlik soek ons genesing. En net God kan die gebroke stukke van ons lewens neem om dit weer volledig en heel te maak. Dis wat Hy doen en wie Hy is. 



Hier is nog goeie nuus. Ons het toegang tot God se vrede. Jesaja skryf ook dat ons volkome vrede kan hê as ons gedagtes op God gerig bly. As ons teruggaan na die betekenis van spanning, besef ons dat ons die fokus op God kan plaas, eerder as op ons probleme. 



Die Heilige Gees help ons om vrede te vind, en Jesus bied vir ons vrede, as ons Hom daarvoor vra. Weet dus vandag dat jy nie spanning op jou eie kan baasraak nie, maar jy kan die Een soek wat dit wel kan doen. Daarby kan jy dalk in die proses ook dieper genesing vind. 



Praat Daaroor



  • Op watter maniere het jy al op jou eie probeer om vrede te vind? 

  • Hoe kan jy begin om na ware vrede te soek? 

  • Watter gebroke plekke in jou lewe het genesing en herstel nodig? 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding Freedom From Stress

Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vr...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid