Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan Leef

Bybeldagboek

Oorkom Mismoedigheid

Lewensbeginsel 20: Teleurstellings is onvermydelik, mismoedigheid is 'n keuse.

Die Here het 'n unieke plan vir jou lewe—een wat nie verander volgens onverwagse omstandighede nie. Wanneer jy gekonfronteer word met 'n situasie wat nie in lyn is met God se wil vir jou lewe nie, moet jy stilstaan en Hom vir rigting vra. Soms laat Hy toe dat teleurstellings gebeur, sodat jy leer om al hoe meer ten volle op Hom te vertrou—om in geloof te wandel en nie op wat jy sien nie. Maar moet dit nooit vergeet nie: Alhoewel teleurstelling onvermydelik is, is mismoedigheid 'n keuse. Jy moet nooit toelaat dat die uitdagings wat voorkom, jou entoesiasme of vertroue in Hom steel nie.

In die daaglikse teleurstellings wat dreig om jou emosionele reserwes te dreineer en jou aandag van die Here af te lei, het jy ware hoop en 'n opregte keuse van vreugde en 'n lewe van oorvloed in Christus. Omstandighede kan jou nie beheer nie; Jesus is in beheer van jou lewe. Jy hoef nooit die slagoffer van jou gevoelens te wees nie. Jy kan kies om na God te luister, van Hom te leer en aan te beweeg. En as jy dit doen, sal die gewonde en neerslagtige plekke in jou hart en die littekens van ou teleurstellings wegsmelt in God se helende liefde.

God het seëninge vir jou—meer as wat jy jou ooit kan voorstel. Los die teleurstellings en die vrees om weer te hoop of om weer te vertrou. God hou jou toekoms in Sy hande, en jy sal nooit verloor deur uit te sien na wat Hy vir jou beplan het nie.