Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 19 VAN 36

Om te styf vas te hou


Lewensbeginsel 19: Enigiets waaraan jy te styf vashou, gaan jy verloor.


Erken dit — in 'n moeilike situasie is jou eerste emosionele reaksie om beheer te wil neem. Ons almal wil beheer hê. Ons wil lewe met die versekering dat alles goed sal gaan, en dat dit wat nie reg is nie, reggestel kan word met 'n doelbewuste poging. Ons dink gereeld in die geheim, dat ons enige uitdaging deur harde werk en deeglike beplanning kan oorkom.


Die probleem kom as ons pogings nie genoeg is nie — wanneer die uitdaging wat ons in die gesig staar groter is as al ons hulpbronne of totaal buite ons sfeer van invloed is. God laat ons deur hierdie beproewings gaan vir 'n rede: Hy wil hê dat ons moet erken dat Hy in beheer is.


Indien jy 'n situasie in die gesig staar wat skielik jou emosionele, geestelike en fisieke reserwes uitput, wil jy uit vrees aan iets sterk vashou. Die vraag wat jy jouself moet afvra is of die omstandighede jou na die arms van God of na jou eie hulpbronne dryf.


Hou jy aan iets anders as die Here vas? Gryp jy na een of ander aardse vorm van sekuriteit in plaas daarvan om op Hom te vertrou om jou te help? Onthou, jy gaan dit verloor waaraan jy te styf vashou. Waaraan jy ook al vashou vir sekuriteit, het 'n afgod vir jou geword. Ongeag of dit rykdom, talente, verhoudinge of geestelike rituele is, God gaan jou nie toelaat om dit as 'n bron van selfvertroue te hou nie — dis 'n rol wat geregmatig vir Hom bedoel is. Hy sal dit eerder toelaat dat dit misluk, sodat jy kan sien dat Hy waarlik die enigste en betroubare God is.


God wil graag hê dat jy jouself aan sy beheer en ewigdurende ondersteuning moet oorgee. Hy sal al jou bekommernisse op die bes moontlike manier hanteer en Hy sal jou in die proses ondersteun (Filippense 4:6-7). Alhoewel Hy jou met tye gaan beproef, sal dit altyd met die doel wees om sy nimmereindigende liefde te wys.



Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid