Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 1 VAN 36


Ons intimiteit met God


Lewensbeginsel 1: Ons intimiteit met God — sy hoogste prioriteit vir ons lewens — bepaal die impak op ons lewens.


Een van ons grootste behoeftes is om te weet dat ons geliefd is. Elkeen van ons moet diep in ons hart seker wees dat iemand ons liefhet, omgee vir ons en ons beste belange op die hart dra. Dit is hoe God ons ontwerp het. Hy wil hê ons moet weet dat Hy ons liefhet met 'n passievolle intensiteit wat te diep is om te verwoord. 


God het mense gemaak met verhoudinge in gedagte — eerste met Homself en dan met ander. Maar ons kan nie mekaar ten volle liefhê totdat ons nie die liefde van God ervaar het nie. Ons ervaar sy liefde wanneer ons vrywillig oorgee aan sy oproep om ons Verlosser, Here en Vriend te wees.


Wanneer jy Jesus Christus as jou Verlosser aangeneem het, het Hy jou nie net vergewe nie, maar jou ook nuut gemaak. Jy het toe nie meer op 'n afstand van God gestaan nie, maar dit was moontlik om nader aan Hom te kom.


As jy verslap het in jou toewyding aan die Verlosser en jy voel asof jy elke dag verder wegbeweeg in jou verhouding met Hom, moet jy bid dat Hy jou weereens sal nader trek. Hy ken ons swakhede, en as jy vir Hom vra Hy moet beheer neem oor jou lewe, sal Hy op 'n kragtige manier na jou toe kom en hoop en lig in jou situasie bring, maak nie saak hoe donker en hopeloos dit mag voel nie (Jesaja 55:6-7).


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid