Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan Leef

Bybeldagboek

Gehoorsaamheid Bring Altyd Seëninge

Lewensbeginsel 21: Gehoorsaamheid bring altyd seëninge.

Die Here se eenvoudige versoeke dien dikwels as die eerste tree vir die lewe se mees wonderlike seëninge. Simon Petrus illustreer wat kan gebeur wanneer ons ja se vir God.

Eendag het 'n groot skare rondom Jesus gestaan terwyl Hy gepreek het (Luke 5:1-11). Jesus wou Petrus se boot as 'n drywende platform gebruik om die massa toe te spreek, en Hy vra die toekomstige apostel om die vaartuig 'n klein entjie van die kus weg te stoot—op sigself nie 'n merkwaardige versoek nie. Maar Petrus se gewilligheid het die weg oopgemaak vir lewens veranderende seëninge. Van hierdie voorbeeld leer ons hoe belangrik dit is om God te gehoorsaam selfs in die kleinste ding.

Aan die einde van Sy les, het die Here vir Petrus beveel: “Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang” (5:4). Miskien was Petrus lus om te weier. Hy was tog 'n gesoute visserman, was hy nie? Hulle het die hele nag gewerk vir 'n vangs en leë hande teruggekom. Nou vra hierdie jong leermeester (nie eens 'n visserman nie, maar 'n timmerman) om weer te gaan visvang?

In geloof reageer Petrus met die volgende woorde: “Meester, ons het die hele nag hard gewerk en niks gevang nie, maar ek sal maak soos U sê en die nette uitgooi” (5:5). Dit was hierdie antwoord wat die begin van Petrus se leeftyd van geloof in God demonstreer. Die toekomstige dissipel het gekies om gehoorsaam te wees aan die Here en die gevolge van sy besluit aan Hom oor te laat.

As gevolg van Petrus se gehoorsaamheid, demonstreer Jesus Sy mag en soewereiniteit. Vir Petrus en sy vennote het die dag dalk begin met hulle pogings wat niks resultate gelewer het nie, maar die dag het geeindig met hulle in algehele verwondering terwyl hulle nie net een maar twee bootvragte oorvol vis uittrek (5:7). Om ja te sê vir die Here se versoek het gelei tot n wonderwerk wat nie slegs een visserman se lewe verander het nie maar die lewe van die hele groep.

Miskien huiwer jy om God te gehoorsaam omdat jy vrees vir die gevolge van jou besluit. Maar die Here beopdrag jou om Hom bo alles te vrees. Dieselfde soewereine, alomteenwoordige God wat jou hart laat klop en die planete laat wentel is meer as instaat om die gevolge van jou besluit te hanteer. Wanneer jy besluit om Hom te gehoorsaam, sal Hy jou seën. Gehoorsaamheid lei altyd na seëninge. So, maak dit jou doel om die Here te gehoorsaam en kyk hoe Hy in jou lewe werk.