Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 24 VAN 36

Die sleutel tot die Christelike lewe


Lewensbeginsel 24: Om die Christelike lewe te lei is om Jesus toe te laat om sy lewe in en deur ons te lewe.


Dit kom voor asof baie Christene tevrede is om te lewe met wat hulle idee van `n voldoende Christelike lewe is. Hulle glo as hulle kerk toe gaan, hulle Bybels van tyd tot tyd lees en so af en toe bid, dat hulle saak met God reg is. Alhoewel hulle leef soos "goeie Christene," geniet hulle eenvoudig net nie die krag, vrede en vreugde wat gepaardgaan met die oorvloedige lewe wat Jesus belowe het in Johannes 10:10 nie. Op die ou end word hierdie skynheilige Christelike leefwyse vir hulle 'n las wat nie vertroosting bied wanneer die storms van teenspoed hulle tref nie.


Dit is nie waarvoor jy geskape is nie. God roep nie vir jou, of enige ander gelowige, tot 'n eenvoudige Christelike lewe wat bloot bestaan uit noodsaaklike take en rituele nie. Hy begeer om 'n daaglikse verhouding met jou te hê, waar jy sy teenwoordigheid kan ervaar en in alle situasies op Hom kan vertrou vir wysheid, moed en krag. Met elke tree wat jy gee, besluit wat jy neem, gesprek wat jy het en gedagte wat jy koester, wil God Homself deur jou verheerlik. Hy begeer om in jou lewe te heers en jou unieke talente, eienskappe en persoonlikheid na vore te bring wanneer jy Hom gehoorsaamheid.


Met ander woorde, om die Christelike lewe te leef, is om toe te laat dat Jesus in en deur jou lewe. Dit is hoekom Paulus geskryf het: "Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê" (Galasiërs 2:19-20).


Hoe laat jy Jesus toe om in en deur jou te lewe? Jy begin eerstens deur tyd te spandeer in Bybelstudie, gebed, aanbidding en gemeenskap met ander gelowiges. Jy leer nie net oor Hom nie, maar jy moet ook luister na Hom, want Hy sal jou leer hoe om Hom lief te hê, vir Hom te lewe en in sy weë te wandel.


Tweedens: Die belangrikste ding wat jy ooit kan doen is om net gehoorsaam te wees aan Hom — maak nie saak wat Hy vir jou sê om te doen nie. Die God wat jou verlos, kan jou leer hoe om vir Hom te lewe. Die Verlosser wat jy vertrou vir jou saligheid is ook in staat om jou daaglikse sorge op Hom te neem, en deur jou te skyn, sodat ander Hom kan ken en gered kan word. Laat staan dus jou idees oor wat die Christelike lewe behels, sodat jy ware lewe in Hom kan ervaar.



Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid