Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 23 VAN 36

Die Here se goedheid en seën


Lewensbeginsel 23: Jy kan nooit te veel vir God gee nie.


Dit is net 'n feit: Jy kan nooit te veel vir God gee nie.


Die Ou Testamentiese profeet, Maleagi, het hierdie beginsel beslis geglo. Deur hom het God die volk opdrag gegee om die volle tiende vir Hom te bring en gesê: "Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie" (Maleagi 3:10).


Om 'n tiende te gee, is om 'n persentasie van ons inkomste aan God te gee vir sy werk. Al wat ons het, is 'n gawe van God; daarom is 'n tiende slegs 'n deel van wat Hy reeds aan ons gegee het. As ons die Woord van God gehoorsaam en die gedeelte wat Hy versoek blymoedig sal gee, sal Hy ons en die werk van sy koninkryk seën.


God het ons jare gelede gelei om eiendom te koop vir die uitbreiding van die Baptistekerk in Atlanta. Ons het begin bid dat Hy die fondse sou voorsien. Ek het ook spesifiek gebid dat Hy my sou wys wat ek moes gee. Ek was finansieël sterk, maar het gevoel dat daar iets meer was wat Hy nodig gehad het.


Dit was nie lank voor Hy my gewys het om my kameratoerusting aan die boufonds te gee nie. Jy moet weet, ek is baie lief vir fotografie ... dit is my gunsteling stokperdjie. God se oortuiging was egter sterk en op die man af. Ek wou op geen manier die regte besluit vermy nie. Ek het geweet dat my gehoorsaamheid tot seën sou lei. As Hy my kamera's wou hê, wou ek hulle gee. Na regte het Hy hulle in elk geval besit.


'n Paar dae later het ek my toerusting verkoop en die geld aan die boufonds gegee. Baie mense in ons gemeente het ook persoonlike besittings en items van waarde gegee. Toe dit tyd word om die papierwerk vir ons nuwe eiendom te teken, het ons die nodige geld gehad sonder om een sent te hoef leen.


'n Paar maande later het 'n vrou my deurklokkie gelui. Toe ek die deur oopmaak, het ek opgemerk dat sy twee groot inkopiesakke gehad het. "Is jy Charles Stanley?" het sy gevra. Ek het nie geweet wat om te dink nie, maar het geantwoord: "Ja, ek is."


 "Dit is vir jou." Sy het die sakke neergesit en weg gestap. Ek het binne-in gekyk en dadelik my kameratoerusting herken! God het elke lens en kameradeeltjie aan my teruggegee. Is dit hoe Hy werk? Ek glo dit is. Baie keer toets Hy ons om te sien waar ons ware toewyding lê. Is dit in "dinge" of in Hom?


God daag ons uit om Hom die voorreg te gee om Homself te bewys en het belowe om ons daarvoor te seën (Spreuke 3: 9-10). Die psalmskrywer het gevra: "Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?" (Psalm 116: 12). Die vraag kan sò geïnterpreteer word: "Hoe kan ek die Here terugbetaal vir al sy goedheid teenoor my?"


Die antwoord is, ons kan nie. Niemand kan nie, want niemand sal ooit die Here kan vergoed nie.



Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid