Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 17 VAN 36

Staan vas en sterk in gebed


Lewensbeginsel 17: Ons staan ​​die vasste en sterkste op ons knieë.


Gebed is 'n baie kragtige instrument vir gelowiges — daardeur seën die Here ons en bevry ons van slawerny. In gebed bely ons ons behoefte aan Christus en vra vir sy oplossing vir ons probleme. Ons leer ook om Hom te aanbid en groei geestelik in sy liefdevolle teenwoordigheid.


Wanneer ons tyd saam met Hom spandeer, leer God ons liefdevol om met Hom te kommunikeer en na sy stem te luister. Hierdeur groei ons dieper in ons verhouding met Hom.


Daar is verskeie dinge wat noodsaaklik is om 'n kragtige gebedslewe te vestig:


1.'n Bepaalde tyd — Kies 'n spesifieke tyd om die Here in gebed te ontmoet. Dit maak nie saak of jy vroeg in die oggend of laat in die aand bid nie. Volharding is die sleutel! Vra God om jou die perfekte tyd te gee om Hom te ontmoet.


2.'n Spesifieke plek — Kies 'n plek waar jy alleen met Hom kan wees. Alhoewel jy dalk beperk kan word waarnatoe jy kan gaan om tyd alleen saam die Here te hê, sal Hy die perfekte plek vir jou voorsien om Hom te soek.


3.Toegewyd om te bid — Wy jou daaraan toe om elke dag te bid. Laat God weet dat jou hart ontvanklik is en dat jy meer oor Hom wil leer en wat Hy vir jou beplan het.


4. 'n Dagboek vir versoeke en antwoorde — Hou 'n dagboek van alle versoeke en hoe God jou gebede beantwoord, as 'n voortdurende getuienis van sy werk in jou lewe. Skryf spesifieke Bybelverse neer wat Hy van toepassing maak op jou situasie en die beloftes wat Hy jou uit sy Woord gegee het.


Onthou altyd dat God groter is as enige probleem wat jou in die gesig staar. Die afstand tussen jou sukses en mislukking (of jou oorwinning en nederlaag), is die afstand tussen jou knieë en die vloer terwyl jy in oorgawe voor die Verlosser kniel. Jy is nooit standvastiger of sterker as wanneer jy op jou knieë in gebed is nie! God ken jou pad vorentoe, en Hy kan jou deur enige probleem lei as jy Hom net sal vertrou.



Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid